Monday 2 September 2013

When life puts you in tough situations, don’t say, “Why me?” Just say, “Try me!” ~ Unknown

Haloes! :)

“When life puts you in tough situations, don’t say, “Why me?” Just say, “Try me!” ~ Unknown

Revelation 3:8

I know your deeds. See, I have placed before you an open door that no one can shut. I know that you have little strength, yet you have kept my word and have not denied my name.

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

“What can people actually do to us? They can stain our reputations, but God fully knows our hearts... They can stand in the way of opportunity, but God opens doors that no man can close... They can steal our earthly goods, but God is our treasure... They can restrict our physical freedom, but God’s spirit is unchained... They can hinder or take our jobs, but God is our Provider... They can kill our body, but they cannot touch our souls... So the next time we feel threatened by someone’s words or ways, let us resist the fear of people, by remembering these two truths:

1. The person standing before us is human

2. The one that stands behind us, is God ~ Alicia Britt Chole (Sitting in God’s sunshine)

Dink gou aan jou grootste uitdagings of moeilikhede wat jy op die oomblik ervaar, of onlangs ervaar het... Waarmee het dit te doen gehad? Ek is seker daarvan dat 95% van julle sal antwoord dat “ander mense” betrokke was by situasies wat jou beïnvloed het, of seergemaak het... Mense wat slegte goed van jou gesê het en so vir jou ‘n reputasie gegee het, mense wat slegte goed VIR jou gesê het... Mense wat jou ontmoedig om jou drome na te jaag... Mense wat jou laat sleg lyk het voor ander, sodat hulle beter oor hulleself kon voel...

Al verloor jy alles wat jy het, is dit belangrik om te onthou – jy het steeds vir God oor en dis genoeg om jou te help om te kan oor begin... Ek weet dit klink na mooi woorde, en dis maklik om dit te hoor of te sê, maar om dit werklik van toepassing te maak in jou lewe, is ‘n perd van ‘n ander kleur... God is die een persoon wat daar sal wees vir jou - maak nie saak WAT met jou gebeur nie... Hy is ons voorsiener – Hy WEET wat jy nodig het sonder dat jy Hom dit vra... Ek dink byvoorbeeld aan natuurrampe soos Hurricane Katrina, of die Tsunami in Japan…   Mense wat in ‘n oogwink ALLES verloor het en wat hul lewens basies van niks af moes begin nie…  Ek dink dat al wat vir mense hoop en krag kon gee, om oor te kon begin, is die wete dat daar iets vir hulle meer is as wat die lewe hulle kan bied... Iemand wat groter is as hulle omstandighede... Iemand wat groter is, as hulle probleme...  Ekt onlangs ‘n baie moeilike dag gehad by die werk…  Dit was een van daardie dae wat dit verskriklik gereën het buite – ekt sommer soos die weer gevoel…  ‘n Vriendin het by my kantoor ingestap en gesê – kyk hoe mooi lyk die wolke…  Toe ek op daardie oomblik omkyk, was daar ‘n pragtige reënboog, wat my net weer herinner het – die reën hou nie vir altyd aan nie…  Daar is ALTYD hoop – want God belowe dat HY ons nooit sal verlaat nie, en ons nooit in die steek sal laat nie…
 
Vir jou wat vir Jesus ken, hoop ek dat hierdie woorde vandag vir jou bemoediging bring... Maak nie saak wat met jou gebeur nie – al verloor jy alles wat jy het vandag – sal jy kan rustig wees in die wete – jy sal nie vir Jesus OOIT kan verloor nie... Hy is die een wat ALTYD by jou sal wees en agter jou sal staan... Al gee die aarde vandag pad... Onthou, die mense wat vandag jou pad kruis is net mense... Vir jou God, en Pa, is geen situasie te groot, en geen omstandigheid te onmoontlik nie... Hy staan agter jou en Hy "back" jou met elke "call" wat jy maak...  Onthou hierdie aanhaling van Alicia Britt Chole – Die persoon voor jou staan en wat jou soveel opdraende gee, of woorde spreek wat jou laat twyfel in jouself en jou vermoens, is nie ‘n patch op jou Hemelse Pa wat vierkantig agter jou staan nie…

Blessings!

Anel**

No comments: