Wednesday 4 September 2013

Where the willingness is great, the difficulties cannot be great… ~ Niccolo Machiavelli


Haloes! :)

Where the willingness is great, the difficulties cannot be great… ~ Niccolo Machiavelli

2 Conrinthians 4:16-18

Therefore we do not lose heart. Though outwardly we are wasting away, yet inwardly we are being renewed day by day.  For our light and momentary troubles are achieving for us an eternal glory that far outweighs them all. So we fix our eyes not on what is seen, but on what is unseen, since what is seen is temporary, but what is unseen is eternal.

Psalm 34:6

This poor man called, and the Lord heard him; he saved him out of all his troubles.

The battle of life is, in most cases, fought uphill; and to win it without a struggle were perhaps to win it without honor. If there were no difficulties there would be no success; if there were nothing to struggle for, there would be nothing to be achieved… ~ Samuel Smiles

A pessimist is one who makes difficulties of his opportunities and an optimist is one who makes opportunities of his difficulties. ~ Harry S. Truman

Ek het in die week met iemand gesels wat ‘n baie groot waarheid kwytgeraak het... Ons het gepraat van probleme wat oor ‘n mens se pad kom en hoe dit stress op mens sit en sommer net jou dagtaak kan bemoeilik – toe som hy dit as volg op: “Probleme is soos “speedbumps” of eerder, spoedhobbels... As jy motor bestuur weet jy dis iets wat verseker oor jou pad gaan kom, veral in areas waar daar skole en kinders is, of residensiele areas, maar wat net so seker as wat dit kom, sal verbygaan... Jy sal spoed verminder, en teen 'n stadiger, rustiger pas, asook kalm ingesteldheid, verby dit kom...

Wanneer jy die lewe aanpak wil ek jou uitdaag - moenie briek trap wanneer jy ‘n spoedhobbel sien nader kom nie... Sorg dat jy “spoed verminder” en in geloof lewe... Ons moet net aanhou, en deurdruk... God sal sorg dat jy minimale inpak van daardie spoedhobbel ervaar... Hy sal die swaarkry tot ‘n minimum hou, en Hy sal sorg dat jy nie skade aan jou “motor” (lewe) kry nie... Hy sal Sy engele stuur om jou te beskerm – waar jy ookal gaan... Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te bewaar waar jy ookal gaan, en die spoedhobbels so plat moontlik te hou... Baie keer wanneer ons gevaar sien aankom, of swaarkry ervaar, waai ons geloof ook by die voordeur uit... Ons raak paniekbevange en bang, en ons vergeet dat ons die magtigste wapen tot ons beskikking het – naamlik God en dat ons deur gebed - "connected" is aan God - 24/7...

Maak nie saak watter “speed bumps” hierdie week hul verskyning maak nie – God sal sorg! Sorg dat jy op jou knieë bly – in goeie en slegte tye! Gebed = versterking of “skietgoed” wat ons nodig het om ons staande te hou, wanneer die "spoedhobbels" groter is as wat ons verwag... Sien dit as iets wat die lewe interessant hou... Moenie dat die probleme jou lewe se trant dikteer nie, sorg dat jou probleme, maar ook JY weet dat jou God in beheer is... Moet dit nie vir 'n OOMBLIK vergeet nie! Jou PA kan wonderwerke doen, en Hy kan die onmoontlike in die moontlike verander... Hy KAN die pad wat jy stap, gelyk maak - as jy na Hom toe kom in gebed, en Hom daarvoor vertrou!

Mag jy ‘n pragtige daggie vandag hê!
 
Baie seën!

anel** 

No comments: