Wednesday 25 September 2013

“We are held back by fear, not limitations…” ~ Unknown

Haloes! J

“We are held back by fear, not limitations…” ~ Unknown

 
Matthew 11:28

 
“Come to me, all you who labour and are heavy laden, and I will give you rest…”

 
Psalm 55:22

 
“Give your burdens to the Lord, and He will take care of you…”

 
“When you have big dreams, you’re going to have big challenges…  If you were an average person, you would have average problems…” ~ Joel Osteen

 
“Never fear shadows…  They simply mean that there’s a light shining somewhere nearby…” ~ Ruth E Renkel


Ons word nie teruggehou deur ons beperkinge nie – ons word teruggehou vanweë die feit dat ons VREES in ons woordeskat toelaat…  Ons verloor baie keer ‘n “geveg” nog voor ons hom begin het…  Waarvan praat ek?  Met “geveg” bedoel ek “battle”…  En met “battle” bedoel ek enige situasie waar dit bietjie moed en deursettingsvermoë van jou gaan vereis…  In sport, as jy ’n baie moeilike wedstryd moet aandurf, is dit baie keer jou “mental” ingesteldheid wat jou gaan dryfkrag gee om jou alles te gee in die wedstryd en om positief te bly as die telbord dalk teen jou tel…  Dis baie maklik om moed te verloor wanneer jy “agter raak”…

In die lewe is dit presies dieselfde…  Nie een van ons se lewens is dieselfde nie…  Elkeen van ons kry verskillende geleenthede en verskillende uitdagings – omdat ELKEEN van ons UNIEK in God se oë is…  Elkeen van ons se lewens verloop anders…  Omdat jou lewe nie dieselfde roete as Pietie of Sannie ingeslaan het nie, beteken nie dat jy misluk het, “agter is” – of dat jy ‘n minder vervulde lewe moet hê nie!  As almal dieselfde gehad het, dieselfde gedoen het en dieselfde gelyk het, sou die lewe darem maar baie boring gewees het J  God sorg dat die dinge wat jy nodig het, die geleenthede wat vervul moet word, op die REGTE tyd jou lewe binnekom…  Nie ‘n minuut vroeg nie, en nie ‘n minuut laat nie…  Want sy timing is perfek…  Moenie toelaat dat mense jou enige iets anders as dit probeer wysmaak nie…  Bid vir God se tyd – of jy nou werk vir iets, hoop vir iets, of glo vir deurbrake…  Die lewe gaan oor JOU en jou verhouding met God, en jou ingesteldheid…Moenie toelaat dat vrees jou weerhou daarvan om jou drome na te jaag, om verandering in jou lewe toe te laat, om dokter toe te gaan en die diagnose te kry, om jammer te sê, om lief te hê, of om uit jou comfortzone te beweeg nie…   Saam met God, is daar GEEN limiet op wat moontlik is in jou lewe nie…  Al waarop daar ’n limiet is, is jou vertroue in God, en dit wat jy glo moontlik is deur Sy krag…  Die duiwel gaan ALTYD probeer om saadjies van twyfel in jou eie vermoëns, maar ook in jou gedagtes ten opsigte van God se vermoëns in jou lewe, te saai…  God het jou geseën met potensiaal – elkeen van ons het dit as ’n geskenk ontvang…  Dis ons verantwoordelikheid om daardie potensiaal te ontgin en geleenthede wat oor ons pad kom na te jaag…  Vrees gaan partykeer oorweldigend voel – net omdat ons blootgestel gaan word aan iets wat onbekend is vir ons…  Al wat ons in daardie tye kan doen, is om aan God en Sy beloftes vas te hou…  En partykeer net ’n LEAP of FAITH te neem…  GLO dat God by jou is, en dat ENIGE iets deur Sy krag in jou lewe moontlik is…  Maak nie saak hoe jy begin het nie – dit gaan oor hoe jy klaarmaak…  Moenie dat MENSE met hul vooropgestelde idees van wat die lewe behoort te wees, jou onderkry nie…  Jou Hemelse Pa het jou oneindig baie lief – en Hy het jou met ‘n spesifieke rede geskape!!  Glo dit vandag!!

Blessings!

Anelli**

No comments: