Monday 16 September 2013

“It doesn’t matter how fast you go, as long as you never stop…” ~ Unknown


 Haloes! J

“It doesn’t matter how fast you go, as long as you never stop…”  ~ Unknown

2 Chronicles 15:7

“Be strong and do not let your hands be weak, for your hard work will be rewarded…”

Romans 5:3-5

“Not only so, but we also glory in our sufferings, because we know that suffering produces perseverance; perseverance, character; and character, hope.  And hope does not put us to shame, because God’s love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us…”

“By perseverance, the snail reached the ark…”  ~ Charles Spurgeon

“Good things come to those who believe…  Better things comes to those who wait… and the Best things comes to those who don’t give up…”  ~ Wisdom corner

Eric Thomas het die volgende gesê - “PAIN is temporary. It may last for a minute, or an hour, or a day, or even a year; but eventually it will subside, and something else will take its place. If I quit however, it will last forever…”  Partykeer voel dit egter nie of pyn of swaarkry net vir ‘n oomblik sal duur nie…  Ons is amper in die laaste kwartaal van die jaar…  Dit mag dalk vir jou voel of die dae al hoe doller word…  Jou “to-do list” kan baie keer gemaak word aan die begin van die dag, net om aan die einde van die dag te sien dat jy heeltyd besig was, maar niks verder gevorder het op dit wat jou doelwitte was vir die dag nie…  Miskien is daar doelwitte wat jy uitgesit het vir 2013 – waaraan jy nog nie eens weer gedink het nie – omdat daar heeltyd ander dinge was wat jou aandag in beslag geneem het…  Mens maak baie keer jou planne, en dan gebeur “die lewe”…  Dinge waaroor jy geen beheer het nie – dinge waarop jy nie beplan het nie – kom sorg vir groot branders op die waters waar jou lewensbootjie vaar…

Hierdie tyd van die jaar is dit baie makliker om op te gee, as om te probeer deurdruk…  – Miskien het die volgende woorde al by jou opgekom?!  “Ek skryf 2013 nou af – ek is klaar met hom…  Ek sal volgende jaar weer probeer…” Ek wil vir jou kom sê – jy wat dalk hierdie gedagtes dink vandag – God is nog nie klaar met jou ten opsigte van 2013 nie…  Daar is nog 3 maande oor, waarin Hy jou wil gebruik, waarin Hy wil kom sorg vir wonderwerke in jou lewe, en waar Hy jou lewensstorie wil gebruik as inpsirasie en getuienis vir die mense rondom jou…   Sy genade en liefde is elke oggend vir jou nuut!  Dink gou aan toe jy klein was en jy jou knieë nerf-af geval het…  Op daardie oomblik was dit ongelooflik seer…  Maar nadat iemand dit vir jou “gedokter” het, was dit sommer beter…  Jy sou egter steeds die merk op jou knie hê, wat jou weer sou herinner aan die harde val…  Soos wat die tyd verloop, sou die wond later ‘n rofie vorm…  Partykeer sou mens ‘n “scar” oorhou van die val, maar somtyds sal dit so genees dat jy nie eens ‘n beduidenis van die val sal kan sien nie…  Die lewe is ook so…  Wanneer ons deur moeilike tye gaan, is die pyn wat ons somtyds saam met die moeilike tye moet deurmaak, ondraaglik…  Baie keer hou ons “scars” oor van dit wat met ons gebeur – maar die “scars” definieer nie WIE ons is nie…  Dit dra slegs by tot ons karakter, tot die “stories” wat ons kan vertel, wat ons die mense maak wat ons vandag is…  Wanneer jy jouself binne-in moeilike tye bevind, is die enigste manier om uit dit te kom – om deur te druk…  Opgee is nie ‘n opsie nie – dit mag dalk iets word wat jy vir die res van jou lewe sal berou…  Volhard in gebed…  God sal jou gebede beantwoord – Hy sal sorg vir LIG aan die einde van ‘n tonnel…  En onthou die woorde van Eric Thomas vandag…  Moenie spyt wees oor dit wat jy nie gedoen het nie…  NEVER, never, NEVER, give UP!  God will give you the strength to carry on...

Blessings!

Anelli**

No comments: