Wednesday 11 September 2013

“I can’t change the direction of the wind… But I can adjust my sails to always reach my destination…” ~ Jimmy Dean

Haloes! J

“I can’t change the direction of the wind…  But I can adjust my sails to always reach my destination…”  ~ Jimmy Dean

Romans 8:28

“And we know that God causes everything to work together for the good of those who love God and are called according to his purpose for them…”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

"No matter what age you are, or what your circumstances may be, you are special and you still have something unique to offer... Your life, because of who you are, has meaning..." ~ Barbara De Angelis

"God het aan jou gedink, nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het... Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy verwek is... Hy het dit beplan nog voor jy bestaan het, en sonder jou insette!" ¬ Rick Warren

“Whatever I will become will be what God has chosen for me…” ~ Elvis Presley

Ons almal hou daarvan om spesiaal te voel, om uitgekies te word, of sommer net te voel dat ons tel... Dat dit wat ons doen, 'n doel het, en dat ons raakgesien word wanneer ons daardie ekstra myl loop... By die werk, by die skool en in verhoudings, is maar 'n paar van daardie plekke... Ietsie wat by my opgekom het toe ek oor die onderwerp gedink het, is - dat dit is soos toe jy klein was... waar mens krieket in die pad gespeel het, en daar twee kapteine was wat hulle spanne moes kies. Mens se grootste vrees was gewoonlik om laaste nog daar te staan, of om glad nie gekies te word nie! Die beste was as jy die kaptein was en die kieswerk kon doen :) :)

God se boodskap is egter, dat ons nie moet vrees nie... Wie laaste is op aarde, sal eerste wees in die Hemel... Dit beteken net, dat die swaar wat jy moet verduur op die aarde, vir dit waarvoor jy staan, en dit waarin jy glo, sal NIE VERNIET wees nie... God sien raak dat jy 'n EERLIKE mens, met INTEGRITEIT is, of dat jy altyd jou beste gee in dit wat jy aanpak - al sien jou aardse baas dit nie altyd raak wanneer iemand anders bo jou bevorder word nie... Of as jy nie vir jou skool se leerlingraad gekies word, omdat jou waardes verskil van dit wat populêr is nie... Dit is egter partykeer moeilik om kop te hou, jou kop op te lig, en aan te gaan as die wêreld jou nie kies nie...

Vandag kan jy met versekering ingaan in die wete dat God jou gekies het! Hy het jou oneindig lief, en Hy wil jou in SY span hê... Hy het voor Hy jou al geskape het, geweet dat jy vir Sy Span moet speel... As die wêreld en sy ongeskrewe reëls of net plein onregverdigheid jou dus weer wil onderkry, onthou net - jou SKAT is in die Hemel... God sal jou ondersteun en bystaan sodat jy steeds die mens kan wees met integriteit, of hardwerkend en eerlik, te midde van die wêreld se waardes, sodat jy nie jouself sal verander om die wêreld te "please" en in die proses iemand raak van wie jy nie hou nie. God het jou lief NES jy is! Onthou wanneer die wêreld jou onderkry - jy is UITGEKIES vir God, en jy is ONGELOOFLIK spesiaal! Al probeer die dinge van die wêreld jou anderste oortuig... Maak Johannes 16:33 jou antwoord op elke vraag...

Mag jy 'n AWESOME daggie hê!

blessings!
 
Anel

No comments: