Thursday 1 November 2012

“I believe in Christianity as I believe that the sun has risen; not only because I see it, but because by it I see everything else…” ~ C.S Lewis

Haloes! J

“I believe in Christianity as I believe that the sun has risen; not only because I see it, but because by it I see everything else…” ~ C.S Lewis

Matteus 8:5-13

“Toe Hy in Kapernaum aankom, kom pleit daar ‘n Romeinse offisier by Hom…  “Here, my slaaf lê verlam  by my huis en hy verduur verskriklike pyn…  Jesus sê vir hom: “Ek sal hom kom gesond maak…”  Maar die offisier antwoord Hom: “Here, ek is nie goed genoeg dat U onder my dak inkom nie…  Sê maar net die nodige woord, en my slaaf sal gesond word…  Ek staan self onder die gesag van senior offisiere, en ek het weer soldate wat onder my gesag staan…  Ek sê vir hierdie een: ‘Gaan’, en hy gaan en vir die ander een kom , en hy kom….  En vir my slaaf sê ek doen dit, en hy maak so…  Toe Jesus dit hoor was Hy baie verbaas…  Hy sê toe vir die skare wat besig was om Hom te volg: “Ek verseker julle, so ’n sterk geloof het ek nog nooit in Israel teëgekom nie…  Glo my, daar sal baie mense van oor die hele wêreld kom, en saam met Abraham, Isak en Jakob die feesmaaltyd in God se koninkryk geniet…  Maar die Israeliete, die mense wat daardie koninkryk eintlik moes beërwe het, sal uitgegooi word in die donkerte daarbuite…  Hulle sal bitterlik huil en selfverwyt op hulle tande kners…  Daarop sê Jesus toe vir die Romeinse Offisier: ‘Gaan huis toe…  Soos jy geglo het, so sal dit vir jou gebeur…  En op daardie presiese oomblik het die slaaf gesond geword…”

“Believe that life is worth living and your belief will help create the fact…” ~ William James

“Despite everything, I believe that people are really good at heart…” ~Anne Frank

 “Seeing is believing…”  In die tye waarin ons leef, is dit somtyds moelik om mense “se woord” vir dinge te neem…  Om te glo, sonder om bewyse te hê - dat dinge WERKLIK is soos wat dit voorkom…  WANT, soos baie van julle dalk al op die harde manier geleer het, lieg en bedrieg mense om te kry wat hulle wil hê…  ’n Ander ou se welsyn is nie altyd hoog op die prioriteitslys, indien die ander persoon se EIE welsyn saakmaak nie…  Ek is iemand wat mense baie maklik vertrou – omdat ek glo in die GOEDHEID van die mens…  Mens maak partykeer baie keer met die HARDE realiteit kennis, wanneer jy in die goedheid van die mens geglo het…  Daarmee sê ek NIE – wantrou almal nie!  Ek sê net – moenie jou vertroue in mense stel nie…  Want ongelukkig is ons net gewone mense, wat almal daagliks foute maak…  En mekaar, en ook dikwels onsself teleurstel…

Hierdie wonderwerk is vir my ’n absolute GOUE ene…  Die slaaf se eienaar het geweet waar sy Krag lê…  Hy het geweet dat AL wat God van hom verwag, was om te vertrou op Hom…  Hy het nie vertrou in die mense, en hulle kennis nie – maar in God, die Een wat siekte kan genees, en wat GEEN beperkings het nie!   Iets wat ons baie keer vergeet is dat Jesus vir ons aan die Kruis gesterf het, MAAR dat Hy op die 3e dag weer OPGESTAAN het en LEEF!  ’n God wat DIT kon doen, is magtig om ENIGE iets te kan doen!  Ek weet dit voel baie keer asof ons net nie ’n tree verder kan gee as gevolg van ons beperkte krag en moegheid, of nog ’n enkele gebed “teen die dak moet vasbid” nie…  God sien jou raak, en Hy HOOR ELKE gebed!  Selfs al voel dit nie vir jou so nie!  En God werk VOLTYDS aan jou lewe – jy is nie net ‘n “projek” wat van tyd tot tyd aandag kry nie…  Jy is konstante “work-in-progress”…  Twyfel jy dat die son môre sal opkom, of dat die son sal sak aan die einde van die dag?  Natuurlik nie!  Ons WEET, dat God  dag en nag gemaak het – en dat dit daagliks sal gebeur…  NET SO, kan ons GLO dat God ENIGE iets kan doen!!  Al wat van ons verwag word – soos in die wonderwerk hierbo – is om te GLO…

Blessings!**

No comments: