Sunday 25 November 2012

“Many of life's failures are people who did not realize how close they were to success when they gave up.” ― Thomas A. Edison


Haloes! :)

“Many of life's failures are people who did not realize how close they were to success when they gave up.” ― Thomas A. Edison

Genesis 37:2-4

“Joseph, a young man of seventeen, was tending the flocks with his brothers, the sons of Bilhah and the sons of Zilpah, his father’s wives, and he brought their father a bad report about them.  Now Israel loved Joseph more than any of his other sons, because he had been born to him in his old age; and he made an ornate robe for him. When his brothers saw that their father loved him more than any of them, they hated him and could not speak a kind word to him…”

Genesis 39:20-23

“Joseph’s master took him and put him in prison, the place where the king’s prisoners were confined. But while Joseph was there in the prison,  the Lord was with him; he showed him kindness and granted him favor in the eyes of the prison warden.  So the warden put Joseph in charge of all those held in the prison, and he was made responsible for all that was done there.  The warden paid no attention to anything under Joseph’s care, because the Lord was with Joseph and gave him success in whatever he did…”

“Never, never, never give in!” ― Winston Churchill

“It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.” ― Confucius

Ek het Vrydagaand ‘n boodskap van ‘n vriendin gekry, wat die idee vir die volgende week se gedagtekies geïnspireer het…  Vroue en mans in die Bybel wat hulle nie laat onderkry het deur hulle situasies nie, maar wat GETROU, hulle HOOP op God geplaas het, en wat voortdurend met deursettingsvermoë volhard het…  Ons het so gesels oor moeilike tye wat oor goeie mense se paaie kom en hoe dit nie regverdig is nie…  Omdat ons Christene is, rus ons in die wete dat God groter is, en dat Sy planne altyd sorg vir dinge om ten goede mee te werk, maar dat mens nie altyd verstaan hoekom sekere “detours” gevat moet word om daardie uitkomste te verkry nie…  Sy het my weer herinner aan Josef…  Josef wat deur sy broers verkoop is, omdat hulle jaloers was op hom, die feit dat hy ‘n getroue slaaf was, en deur Potifar se vrou in die tronk gegooi is – VANWEE die rede dat hy die REGTE ding gedoen het…   Maar te midde van al die reën wat in Josef se lewe geval het, het hy sy vertroue in God gehou…  Hy het geglo dat God ‘n plan het – alhoewel hy glad nie kon sien in watter rigting hy oppad was nie, en Hy het vasgehou aan God se beloftes, Sy liefde en Sy rigtingaanwysing…  God het hom van ‘n verwerpte broer, tot ‘n tronkvoël verander in ‘n Heerser, wat uiteindelik vir Egipte moes red van hongersnood…

Miskien voel jy vandag soos Josef…  Dat dinge net totaal en al deurmekaar is…  Dat jy glad nie meer weet wat jy met jou lewe moet doen nie, of waar jy oppad is heen nie…  Miskien het jy alles haarfyn beplan gehad, maar het dinge anders uitgewerk as wat jy gehoop het…  Miskien is jy gekonfronteer met moeilike situasies, of dit werksgewys, gesondheidsgewys, vriende gewys; verhoudingsgewys is…  En dalk voel dit hoe harder jy probeer, hoe deurmekaarder word alles…  ‘n Opmerking wat my nogals opgeval het en wat my altyd sal bybly, is van ‘n swanger vriendin wat vir my op ‘n keer gesê het – vir die eerste keer (vandat sy swanger is), besef sy dat sy al baie keer dinge in haar lewe gehad het wat sy gedink het, sy gee oor aan God, maar tog probeer mens ‘n mate van “beheer” behou deur jou besluite ens…  Met haar swangerskap het sy net besef – sy kan alles volgens die boek doen, maar of die baba gesond gaan wees ens, is 100% in God se hande…  Ek dink dat dit ons uitkyk moet raak op die lewe…  Al is dinge HOE deurmekaar – ons God is ‘n God van groot wysheid en groot genade!  AS ons Hom 100% vertrou – deur heeltemal oor te gee (dit kan NET deur gebed gedoen word), sal Hy ons nie teleurstel nie!  Soos vir Josef, kan dinge dalk nie met die eerste of tweede probeerslag uitwerk nie, maar wanneer ons AANHOU om God te vertrou en te PERSEVERE – SAL HY op die ou end vir jou GROOT GUNS gee!!!  Ek glo dit met my hele hart…  Glo jy dit vir jouself?

Blessings!

Anel**

No comments: