Thursday 8 November 2012

“If you need a miracle, be a miracle.” ― Phillip C. McGraw


Haloes! :)
“If you need a miracle, be a miracle.” ― Phillip C. McGraw

John 11:38-44

Jesus, once more deeply moved, came to the tomb. It was a cave with a stone laid across the entrance.  “Take away the stone,” he said.  “But, Lord,” said Martha, the sister of the dead man, “by this time there is a bad odor, for he has been there four days.” Then Jesus said, Did I not tell you that if you believe, you will see the glory of God?” So they took away the stone. Then Jesus looked up and said, “Father, I thank you that you have heard me.  I knew that you always hear me, but I said this for the benefit of the people standing here, that they may believe that you sent me.” When he had said this, Jesus called in a loud voice, “Lazarus, come out!” The dead man came out, his hands and feet wrapped with strips of linen, and a cloth around his face.  Jesus said to them, “Take off the grave clothes and let him go.”

“Expectancy is the atmosphere for miracles…” ~Edwin Louis Cole

“Miracles happen to those who believe in them…” ~ Bernard Berenson

Leef jy daagliks in afwagting dat jou situasie kan verander?  Dat God magtig is om ENIGE IETS in jou lewe te doen, of het die duiwel jou al met soveel twyfel gevul, dat jy begin opgee het aan wat moontlik is?  Ons weet dat ons God, ’n God is wat spesialiseer in moeilike situasies, maar somtyds, wanneer ons gebede nie dadelik beantwoord word nie, word saadjies van onmoontlikheid in ons gemoed geplant, en glo ons, ons eie negatiewe uitsprake en gedagtes!  Jou brein, is partykeer jou eie grootste vyand!  Mens dink een negatiewe gedagte, wat lei na ’n volgende en ’n volgende ene…  Voor jy jouself kom kry, is jy in so ’n negatiewe “mind of thought” dat jy nie anders kan as om net dit wat verkeerd is, of dit wat onmoontlik is raak te sien nie!  Dit klink dalk simpel – maar hierdie gebeur baie makliker as wat ’n mens dink!!

Jesus het vir Lasarus opgewek uit die DOOD!  Weet jy hoe POWERFUL dit is???  ’n Man waaroor daar al vir 4 dae getreur is, wek Jesus weer op!!  Geen MENS kan so ’n ongelooflikheid laat plaasvind nie!  Ek wil jou uitdaag dat wanneer jy weer voel asof niks gaan soos jy gehoop het nie, of wanneer dinge net nie wil uitwerk soos JOU plan is nie – BID!  Bid dat Jesus jou sal help om jou veranderde situasie te kan hanteer, en te bestuur na die beste van jou vermoë, in die mees positiefste manier moontlik!  Wanneer ons begin dink soos in die BOLD gedeelte hierbo, en na verandering kyk as GELEENTHEID, eerder as ’n STRAF – sal ons die GLORIE van Jesus in ons lewens sien!  Hy sal ELKE negatiewe, moeilike situasie verander in ’n POSITIEWE…  Onthou soos in wiskunde – ’n minus maal ’n minus gee ’n plus!!  Dank God ook dat Hy ALREEDS die negatiewe in ’n positiewe verander het – nog voor dit gebeur…  God staan reg om jou te WOW, soos Hy vir Maria gewow het met die opwekking van Lasarus uit die dood…  Wees voorbereid!  Jesus wil jou en jou lewe WOW!!
blessings!

anelli**
 

 

No comments: