Monday 12 November 2012

Impossible situations can become possible miracles… ~ Robert H. Schuller

haloes! :)

Impossible situations can become possible miracles… ~ Robert H. Schuller
 
Jesus maak die storm stil...

Matteus 8:23-27

"Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. Skielik het 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: 'Here, red ons! Ons vergaan!' Hy sê toe vir hulle: 'Waarom is julle bang, kleingelowiges?' Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek en dit het doodstil geword. Die mense het hulle verwonder en gesê: 'Watter soort mens is Hy dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?"

Verduideliking: "Hoewel die dissipels al gesien het hoe Jesus wonderwerke doen, het hulle nogtans in die storm paniekerig geraak. Hulle was ervare op see en het goed geweet hoe gevaarlik 'n storm kan wees. Die dissipels is deur hulle vrees verblind. Jesus laat die storm egter bedaar deur net te praat. Die disspiels sien iets van die teenwoordigheid en almag van God in hierdie optrede van Jesus as Hy met enkele woorde orde in die chaos van die storm bring. Met hierdie daad het Hy sy dissipels as't ware 'n kykie in die almag van God gegee. Daarom kan ons Hom aanbid, en alles in die heelal, ook ons eie lewe, aan Hom toevertrou. Ons mag Hom nie van enige sitausie in ons lewens probeer uitsluit nie..." ¬ Verduideliking vanuit die Bybel in Praktyk

Out of difficulties grow miracles… ~ Jean De La Bruyere

For the truly faithful, no miracle is necessary. For those who doubt, no miracle is sufficient. ~ Nancy Gibbs

Waarna gryp jy wanneer jou lewensbootjie begin skommel van die branders rondom jou? Roep jy vir God aan? Of probeer jy self 'n uitkoms of oplossing vir jou situasie kry? Hierdie verduideliking van "Jesus wat die storm stilmaak", is vir my SO WAAR!! Hoe baie, in ons eie lewens, raak ons nie paniekerig wanneer situasies nie uitwerk soos ons beplan het nie? Net soos vir die dissipels, verblind VREES ons so maklik! Ons vergeet om vir God in beheer te stel, en probeer self oplossings vind, of probeer self in ons eie behoeftes te voorsien, sodat die dinge net in plek kan val... Dis soos 'n klein kind wat die sjokolade koek steel, terwyl mamma nie kyk nie, en wanneer sy vra of die kleintjie daarvan gevat het, antwoord hy / sy nee, met 'n vet sjokolade ring rondom hul mond... Ons probeer die "koek eet" - dit wil sê die die seën ontvang, voor die tyd daarvoor reg is... Sonder dat God "die koek" vir ons voorgesit en gesny het. Ons haal die koek as't ware uit die oond, terwyl dit nog besig is om gaar te word. God wil jou so seën soos die mooiste versierde 5 ster koek waaraan jy ookal kan dink, en daarna wil Hy jou NOG MEER seën... Ons moet net nie so ongeduldig raak, dat ons Hom nie tyd gee om te kan voorsien nie... "Good things comes to those who wait..."

God kan help, en geen situasie is vir Hom te groot nie. Hy kan egter net intree, daar waar jy Hom toelaat, en Hom ken in die saak. Dis belangrik om te bid, in tye van storms... God gaan nie Sy hulp op jou afdwing nie, want Hy is 'n "gentleman" God... Hy sal wag totdat jy Hom aanroep... Moenie vir vrees eers 'n vastrap plek in jou lewe gee nie... Jou PA is groter as enige storm wat jy moontlik mag "face"...   Ek weet dat dit baie moeilik is om te wag…  En om te weet dat God sal sorg – maar dat jou ongeduld die oorhand wil kry, en jy vrees sonder dat jy eers agterkom…  Elke keer wanneer jy voel of vrees net die oorhand wil kry, neem ’n oomblik, haal diep asem en raak rustig by God se voete…  Bid…  God antwoord ALTYD gebed!  Selfs al is Sy antwoord soms nee…  Rus in die wete dat HY wat storms stilgemaak het, melaatses genees het, dooies opgewek het en duisende kos gegee het vir jou oneindig lief het, en wanneer die tyd reg is, die sluise van seën uit die Hemel sal oopmaak!  Ek wil die aanhaling verander – “into each life some rain WILL fall”- maar God sal Sy kinders nie net reën laat ervaar nie – maar ook GROOT seën!!  Vasbyt en bly vertrou – deurbrake is nader as wat jy dink!!  Moet NOOIT opgee nie!!!  Dis ALTYD te vroeg!

blessings!

anelli**

No comments: