Wednesday 21 November 2012

“Gebed is geestelike dinamiet...” ~ Helen Smith Shoemaker


Haloes! :)
 
“Gebed is geestelike dinamiet...”  ~ Helen Smith Shoemaker

Jakobus 5:13

“As daar iemand onder julle is wat swaarkry, moet hy bid...  As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing...  As daar iemand onder julle is wat siek is, moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here...  En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring, die Here sal hom gesond maak...  Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking...”

Matteus 18:19

“As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die Hemel is, hulle dit laat kry, want daar waar twee of drie in my Naam is, daar is Ek by julle...”

“Ons gebede word in verhouding tot ons geloof verhoor...  ‘n Klein stuk geloof sal ‘n groot stuk genade ontvang, maar ‘n groter geloof, selfs meer...”  ~ Charles H Spurgeon

“As jy nie kan bid soos jy wil nie, bid soos jy kan...  God weet wat jy bedoel...”  ~ Vance Havner

Dinamiet kom in klein pakkies...  Dis een van my gunsteling aanhalings en die van julle wat weet hoe groot ek is, sal verstaan :) Ek is 1.53m :)  Gebed  is vir my soos ‘n pakkie dinamiet...  Die klein pakkie dinamiet kan GROOT uitwerkings hê op jou onmiddellike omgewing...  Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking... Gebed kan lei tot ongelooflike wonderwerke...  Situasies wat onmoontlik gelyk het, kan deur God verander word, sodat uitkoms moontlik is...  Efesiers 3:20 sê die volgende:  “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, moontlik is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus...”  

Solank ons glo, is niks onmoontlik nie...  Ek weet mens kan partykeer so oorweldig wees met omstandighede en situasies, dat dit nie altyd vir jou moontlik is om die regte woorde te kry ten einde te bid nie...  God verstaan!!!  Al sit jy net by Hom en huil, sal Hy verstaan wat jy bedoel...   Hy ken jou hart... Ek het nou die dag ‘n aanhaling gelees wat sê dat as jy ‘n net ‘n gedagte hemel toe stuur, is dit soos ‘n gebed... 

Wat ons ook baie keer beperk in gebed, is dat ons weet dat ons mense met beperkings is...  Ons probeer baie keer vir God oor dieselfde kam skeer...  Ons brein is nie groot genoeg om te besef hoe groot, en HOE magtig ons God is nie...  Daar is NIKS wat God nie kan doen nie – niks!  Maar as ons nie glo dat God enige iets, al is dit HOE onmoontlik, kan bewerkstellig nie, sal ons dit nie ontvang nie... Moenie vir God “limit” deur jou eie beperkings nie...  Gaan op jou knieë, en rus dan in die wete – wanneer God in beheer en aan die werk is, HOEF jy nie te vrees nie...  Hy sal by jou wees, en seker maak dat jy nie ‘n voet teen ‘n klip stamp nie of dat geen haar op jou hoof seergemaak word nie...  Gebed is 'n "habit" wat gekweek moet word...  Dat jy later nie eens meer dink dat jy moet bid nie - jy bid net...  Moenie dink God hoor jou nie - omdat Hy jou dalk nie antwoord nie...  God hoor elke gebed, en Hy ken elke hart.  Hy weet wat moet gebeur en wanneer, vir jou om die ultimate seen in jou lewe te ontvang...  God sal uitkomste vir onmoontlikhede voorsien - jou werk is om net te bid (in dinamiet pakkies - wat uiteindelik SO GROOT invloed sal he, in jou eie lewe, maar wat ook "faith" sal laat uitkring na die mense rondom jou), en te glo... 
 
Mag God jou vandag ryklik seen!  En mag jy weet dat jy oneindig kosbaar is vir Hom!

Blessings!
 
anelli**

No comments: