Friday 16 November 2012

There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle…~Albert Einstein

Haloes! J

There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle…~Albert Einstein

 John 2:1-11

Jesus Changes Water Into Wine

“On the third day a wedding took place at Cana in Galilee. Jesus’ mother was there, and Jesus and his disciples had also been invited to the wedding.  When the wine was gone, Jesus’ mother said to him, “They have no more wine.”  “Woman, why do you involve me?” Jesus replied. “My hour has not yet come.” His mother said to the servants, “Do whatever he tells you.” Nearby stood six stone water jars, the kind used by the Jews for ceremonial washing, each holding from twenty to thirty gallons.   Jesus said to the servants, “Fill the jars with water”; so they filled them to the brim.  Then he told them, “Now draw some out and take it to the master of the banquet.”  They did so, and the master of the banquet tasted the water that had been turned into wine. He did not realize where it had come from, though the servants who had drawn the water knew. Then he called the bridegroom aside and said, “Everyone brings out the choice wine first and then the cheaper wine after the guests have had too much to drink; but you have saved the best till now.” What Jesus did here in Cana of Galilee was the first of the signs through which he revealed his glory; and his disciples believed in him…”

“The most incredible thing about miracles is that they happen.” – G.K. Chesterton
"Don't give up before the miracle happens.” – Fannie Flagg

Die beste vir laaste?  Ek weet nie van jou nie,  maar ek is al van kleins af so dat wanneer ek ’n bord kos eet, hou ek altyd my gunsteling (oftewel die lekkerste vir my) tot laaste…  Die uitsien daarna is amper net so lekker soos om dit te geniet J  Die gaste by hierdie bruilof was aangenaam verras, want hulle het gedink dat hulle reeds die beste ontvang het, maar God het die beste vir laaste gehou!  Die gasheer het gedink dat hy met ’n groot probleem sit, vanweë die feit dat die wyn op was voordat die partytjjie klaar was, maar Jesus het voorsien!  Toe hy dit die nodigste gehad het, was God reeds daar!
Hoe amazing is dit nie om te weet dat die God wat ons dien, sulke ongelooflike wonderwerke verrig het nie…  Hierdie was een van Sy eerste wonderwerke waar Hy sy grootheid en almag ten toon gestel het!  Miskien voel jy vanoggend dat jy reeds God se beste ontvang het…  Of dat daar dinge ontbreek in jou lewe wat jy regtig broodnodig het, maar nie weet WAAR dit vandaan gaan kom nie?!  Miskien is jy aan die einde van jou kragte, en is jy net oneindig moeg, moeg om te probeer, moeg om te veg vir alles wat jy wil hê of nodig het…  Ek wil jou vanoggend verseker – God wil ELKE dag die beste vir jou hê!  Ek’t die storie gehoor van ’n ou wat gesterf het, waar die Engel van God Hom op aarde kom haal het, en na die Hemel geneem het…  Hulle het by ’n kamer ingestap, VOL geskenke…  Van die vloer tot teen die dak, net geskenke, en al die geskenke het sy naam daarop gehad…  Toe hy die engel daaroor vra, het die engel hom geantwoord – al hierdie is seëninge wat God vir jou lewe gehad het…  Maar omdat jy nooit geglo het dat dit vir jou moontlik is nie, of nie met verwagting gekom het, en gebid het vir God se wil en seën in jou lewe nie, het jy uitgemis op AL hierdie geskenke!  Hoe erg moet dit nie wees nie?!  Elke dag is ’n geskenk van God…  Kom met verwagting, bid DAAGLIKS vir God se wil en Sy seën in jou lewe, en GLO dat ELKE dag beter as die vorige ene sal wees!  Omdat God Sy beste vir laaste hou, maar tog ELKE dag vir jou ’n pakkie het…  Een wat gevul is met genade, liefde en seën wat jy nodig het om die nuwe dag aan te pak!

Blessings!
Anelli**

No comments: