Wednesday 14 November 2012

“Miracles are like pimples, because once you start looking for them you find more than you ever dreamed you'd see.” ― Lemony Snicket


Haloes! J

Miracles are like pimples, because once you start looking for them you find more than you ever dreamed you'd see.” ― Lemony Snicket
Acts 9:1-12; 20-22

Meanwhile, Saul was still breathing out murderous threats against the Lord’s disciples. He went to the high priest  and asked him for letters to the synagogues in Damascus, so that if he found any there who belonged to the Way, whether men or women, he might take them as prisoners to Jerusalem. As he neared Damascus on his journey, suddenly a light from heaven flashed around him. He fell to the ground and heard a voice say to him, “Saul, Saul, why do you persecute me?”  “Who are you, Lord?” Saul asked.  “I am Jesus, whom you are persecuting,” he replied. “Now get up and go into the city, and you will be told what you must do.”   The men traveling with Saul stood there speechless; they heard the sound but did not see anyone.  Saul got up from the ground, but when he opened his eyes he could see nothing. So they led him by the hand into Damascus.  For three days he was blind, and did not eat or drink anything.  In Damascus there was a disciple named Ananias. The Lord called to him in a vision, “Ananias!”Yes, Lord,” he answered.   The Lord told him, “Go to the house of Judas on Straight Street and ask for a man from Tarsus named Saul, for he is praying.  In a vision he has seen a man named Ananias come and place his hands on him to restore his sight.  Saul spent several days with the disciples in Damascus. At once he began to preach in the synagogues that Jesus is the Son of God. All those who heard him were astonished and asked, “Isn’t he the man who raised havoc in Jerusalem among those who call on this name? And hasn’t he come here to take them as prisoners to the chief priests?” Yet Saul grew more and more powerful and baffled the Jews living in Damascus by proving that Jesus is the Messiah.

Where there is great love there are always miracles…”  ~ Willa Cather
“Love works in miracles every day: such as weakening the strong, and strengthening the weak; making fools of the wise, and wise men of fools; favouring the passions, destroying reason, and in a word, turning everything topsy-turvy.” ― Marguerite de Valois

Dalk wonder jy op die oomblik hoe ek die bostaande as ’n wonderwerk beskou?   Is jy op ’n goeie plek tans in jou lewe?  Het jy al die sekuriteit wat jou hart begeer?  Geniet jy jou werk?  Geniet jy jou swottings of skoolloopbaan?  Sien jy goeie goed in jou toekoms?  Of sien jy onsekerheid, struikelblokke, moeilikheid of donkerte?  Ek dink dis absoluut ongelooflik hoe God ’n man kon neem wat glad nie ’n volger van Hom was nie, en sy hart totaal verander het sodat hy een van God se grootste getuies geraak het…  God het Saul met blindheid geslaan, sodat hy kon sien waaroor die lewe eintlik gaan…  Maar God het nie vir Saul gelos toe Saul Hom vervolg het nie…  Hy het groter planne vir hom gehad as wat Saul vir homself gehad het…  God het potensiaal gesien, waar die mense ’n moeilikheidmaker gesien het…
Wat probeer ek sê?  Dit gaan nie oor waar jy begin nie, maar oor waar jy eindig…  En al voel jy dalk ongelukkig of moedeloos oor waar jy jouself tans bevind in jou lewe – dis verseker nie om dowe neute nie!  God het ’n plan – groter as ek en jy, vir JOU lewe!  Hy sal jou situasie tans gebruik om daarop te bou vir jou toekoms!  Hy het al geweet dat Saul ’n groot getuie vir Hom gaan wees, nog terwyl Saul geestelik blind was…  Wanneer mens vasgevang is in ’n situasie, is dit moeilik om die rede daarvoor in te sien, en mens voel partykeer  “stuck”- asof dinge net nie wil beweeg nie, en jy aan die water trap is…  Mens is TE betrokke en jou oordeel word soms belemmer…  Maar wanneer TYD verloop het, en jy kan terugkyk op die situasie, val die dinge in plek…  God is besig om jou te vorm, soos ‘n pottebakker  klei vorm…  Klei moet gewerk en gebrei word om uiteindelik gevorm te word…  Al voel jy vormloos, doelloos of sonder hoop – God het die eindpunt in gedagte – nie die tussenin fase nie…  Hy is egter saam met jou van die begin, deur die moeilike tussenin en Hy sal sorg dat jy sterk eindig!   Marguerite de Valois se aanhaling is iets wat ek wil hê jy vandag moet glo, en joune maak!  God se liefde kan elke dag ’n wonderwerk in jou lewe wees deur jou sterk te maak wanneer jy swak voel,  jou laf te maak wanneer jy verlief is, jou “favour” sal gee wanneer jy jou passie uitleef of jou beste gee, jou sal help om nie alles in twyfel te trek of te bevraagteken nie, maar om te LEWE (voluit!) en in oorvloed!

Blessings!

Anelli**
Gebedsversoeke op my blog:
Anoniem:  Ek wil graag vra dat julle vir die stakings Sal bid. nie net word talle mense se werksomstandighede ontwrig nie, maar skoolkinder kan nie by skole uitkom om eksamen te skryf nie en dis die belangrikste eksamen van die jaar. Boere en plaaswerkers word geïntimideer en gedreigmet die dood en dat hulle guise afgebrand gaan word. bid asb saam met my dat die Here hul oë Sal oopmaak en dat Hy hulle Sal stop.
Anoniem:  My man is verplaas na die Paarl en ek soek steeds vir myself werk. Bid asb. saam met my dat die Here vir my goedgunstig Sal wees en 'n werk Sal voorsien. Ek kan nie sonder werk wees nie, maar glo God Sal voorsien

No comments: