Monday 5 November 2012

"Dit help nie om jou sambreel oop te maak, voordat dit begin reën het nie..." ¬ Alice Caldwell Rice

Haloes! :)
"Dit help nie om jou sambreel oop te maak, voordat dit begin reën het nie..." ¬ Alice Caldwell Rice
Jesus loop op die water...
Markus 6:45-51
"Net daarna het Jesus die dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur... Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg opgegaan om te bid. Toe dit aand word, was die skuit al ver weg die see in, en Jesus alleen op die strand. Hy het gesien hulle roei swaar, want die wind was teen hulle. Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en hy wou langs hulle verbygaan. Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit was 'n spook. Hulle het hard geskreeu, want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en gesê: Wees gerus, dit is Ek... Moenie bang wees nie... Hy het toe by hulle in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan..."
Verduideliking: "Die noordewind het die dissipels van koers af gedryf. Hulle was verbaas om Jesus op die water te sien loop. Hulle moes egter teen daardie tyd al besef het dat Hy hulle sou help as hulle in die moeilikheid is. Hulle kon Hom wel nie sien nie, maar Hy kon hulle nog altyd sien. Sy besorgdheid oor hulle was groter as hulle ongeloof. Die feit dat Jesus by hulle was, het die bang dissipels laat kalmeer. Ons weet almal hoe dit is om bang te wees. Jesus wil Homself aan hulle openbaar as God wat mens geword het. Dit is die kernwaarheid wat tot die dissipels moet deurdring. Jesus se teenwoordigheid laat die vrees dadelik verdwyn..." ¬ Verduideliking uit die Bybel in Praktyk
"Bekommernis is die natuurlike gevolg as ons hoop gevestig is, op enigiets anders as God se wil vir ons lewe..." ¬ Billy Graham
"Moet nooit môre se bekommernisse met vandag se genade probeer dra nie..." ¬ Anoniem
Dis vandag 'n wonderwerk waarmee ons almal kan assosieer... Almal van ons was al op een of ander stadium in ons lewe bang... Of dit nou bang vir die donker; bang vir alleen wees; bang vir siekte; bang vir werkloosheid of bang vir spinnekoppe, elkeen van hierdie kan 'n emosie by jou wek, wat so oorweldigend is, dat jy kan perspektief verloor... Ek onthou wanneer ek eksamen geskryf het, en daar 'n vraag was wat ek nie kon doen nie - daardie "paniekbevange" gevoel, wat dan sommer maak dat jy niks van die ander goed ook kan doen nie - al weet jy eintlik wat moet gebeur!  Ek weet nie of jy dalk op die oomblik "verlore" of "paniekbevange" voel nie... Miskien voel jy dat jy op een of ander gebied in jou lewe 'n verkeerde besluit geneem het, en dat jy op die oomblik, net nie meer weet, "wat nou?" nie?   Miskien is jy afhanklik van ander mense wat besluite oor jou lewe moet neem / miskien is daar sekere dinge wat in plek moet val, maar wat net nie wil nie...  Miskien wil jy weet wat die Here se wil vir jou lewe is, maar dit voel ook of jy net geen antwoord kry nie...  Hieronder is bietjie hoop!
Dink gou aan die term, suurstof... Ons is nie 24/7 bewus daarvan nie, ons kan dit nie sien nie, maar tog weet ons dit is daar, en dit sal ons aan die lewe hou! Dit werk presies dieselfde met God!! Alhoewel jy Hom nie kan sien nie, en nie altyd gefokus is op Hom nie, wanneer ander dinge soos bekommernis ons aandag en fokus in beslag neem nie, kan ons steeds WEET dat Hy daar IS, en Hy voorsien ons daagliks van LEWE in OORVLOED... Hy laat dinge op PRESIES die REGTE tye in plek val!  Nie wanneer ONS wil nie, maar wanneer SY wil is!  En al voel dit nie tans vir jou of dit die "regte tyd" is nie - BELOWE ek jou - wanneer jy TERUGKYK, sal jy altyd SIEN - God se tyd, WAS die REGTE tyd!  Ons fokus mos meer op "moontlike probleme wat kan ontstaan" :) Moenie kosbare tyd in jou lewe op bekommernis uitmors nie... Spandeer dit eerder met geliefdes, of aan dinge met Ewigheidswaarde...  God is daar, en Hy is ALTYD in beheer... Hy het jou regtig lief, en jy is te spesiaal om oor goed te bekommer wat 99% van die tyd nie eens sal gebeur nie! Die aanhaling uit die fliek, Kung Fu Panda, "today is a gift, that is why it is called, the present" moet ons lewensleuse word... Maak die geskenk oop, en LEEF!  God SAL sorg!
Mag jy 'n pragtige dag hê!
blessings!
 
anelli
 
Gebedsversoek:
 
Tannie Anene:  Nandi (gister se gebedsversoek):  Die dokters sal more bymekaarkom om te beslis of nog operasie / operasies nodig is.  Bid asseblief saam vir God se wil om te geskied...  Vir Nandi, haar familie, en geliefdes, dat God hulle die krag sal gee vir die pad wat gestap moet word...

No comments: