Tuesday 13 November 2012

"There are no miracles for those that have no faith in them." ~French Proverb


Haloes! J

"There are no miracles for those that have no faith in them." ~French Proverb

Matthew 9:27-31

New International Version (NIV)

Jesus Heals the Blind and the Mute

As Jesus went on from there, two blind men followed him, calling out, “Have mercy on us, Son of David!”  When he had gone indoors, the blind men came to him, and he asked them, “Do you believe that I am able to do this?”  “Yes, Lord,” they replied.  Then he touched their eyes and said, “According to your faith let it be done to you”; and their sight was restored. Jesus warned them sternly, “See that no one knows about this.” But they went out and spread the news about him all over that region.

"An act of God was defined as something which no reasonable man could have expected." ~ Herbert, A. P

"To me every hour of the light and dark is a miracle. Every cubic inch of space is a miracle." ~ Whitman, Walt

Ek was Sondagaand in ‘n vliegtuig, en dit was erg koud en nat toe ons opstyg…  Daar was ’n stadium wat ons in sulke digte mis gevlieg het, dat ek gewonder het – hoe weet hierdie ou HOE om sy weg in hierdie duisternis te kry?!  Oral waar jy kyk is net wolke en erg digte mis…  Ek kon NIKS by die ruit uitsien nie…  Verder was daar lekker turbulensie…  Weet jy hoe maklik kon ons van koers afgegaan het?  En as die Kaptein nie kontak bly hou met sy koersaanduider nie, kan daar BAIE maklik ’n baie groot  ongeluk plaasvind en kan mens bots met aankomende lugverkeer!  Hoe ongelooflik is dit nie om te weet dat daar tegnologie beskikbaar is, om ons reis moontlik te maak, te midde van reën, turbulensie en digte mis!

Hoekom skryf ek oor sulke dinge?  WANT – soos ons deur daardie digte mis gevlieg het, en ek niks kon sien nie, het ek gedink aan ons lewens…  Ons kan nie sien wat môre op ons wag nie…  Ons kan dalk baie planne hê, maar of dit gaan gebeur soos wat ons hoop – is alles afhangend van wat God vir ons beplan het…  En ook – al voel jy dalk op die oomblik asof jy nie weet WATTER kant toe jy moet draai nie, omdat jy nie ’n enkele tree voor jou kan sien nie, kan jy rus in die wete dat GOD voor jou uitloop…  Hy weet reeds wat jy vanaand, môre, of volgende week gaan nodig hê!  Tog vrees ons, en kry ons dikwels daardie beklemmende gevoel van vrees wat aan jou hart vat as jy nie weet watter kant toe nie…  Al hoe om moeilike tye of swaar tye te hanteer, is om jou kop af te hou, vas te byt (met AL jou mag – en al voel dit of jou tande gaan uitval soos jy vasbytJ) en te weet dat God jou rigtingaanwyser is!  Ons HET Hom tot ons beskikking!  ELKE oomblik, van ELKE dag!  Al sien jy donker, sien God LIG…  Al sien jy doodloopstrate, sien God geleentheid om ’n nuwe pad te bou…  Al sien jy siekte, God sien genesing…  Al sien jy werkloosheid, sien God HOOP en uitkoms!  VERTROU…  Wees rustig in die wete dat JOU Hemelse Pa, ’n BAIE beter vlieënier as die beste op aarde is, en Hy sal jou deur ENIGE situasie wat jy tans face kry…

Blessings!

Anelli**
Hier is bietjie inligting weer oor Nandi...  Hou haar asseblief in julle gebede!  God is magtig om wonderwerke te doen!!

Liewe Vriende
Eksteen en Helena Odendal se dogter, Nandi, was Donderdag 1 November in ‘n ernstige motorongeluk. Die nodige operasie om die werwel-frakture te herstel, is by Groote Schuur Hospitaal gedoen. Daar is Dinsdag (6 November) besluit dat geen verdere operasie gedoen sal word nie, aangesien sy huidiglik geen gevoel in haar bene het nie. Die dokters sal haar vordering dophou vir enige sensasies wat mag terugkom.Intussen word sy môre (8 November) oorgeplaas na die Vincent Pallotti Hospitaal waar haar rehabilitasie program sal begin.
Nandi het nie ‘n mediese fonds nie en ons het die vrymoedigheid om te vra vir bydraes om die geweldige koste van die rehabilitasie te help dek.(beraamde koste sonder enige medikasie ongeveer R300 000.00 vir 8 weke) Die rekeningbesonderhede is as volg :
Rekeningnaam : Loop saam Nandi
Rekeningnommer : 927 837 9975
Bank : ABSA
Tak : Bredasdorp (internetbetalings takkode 632005)
Tot op hede het daar al soveel wonderwerke plaasgevind dat ons ook wil vra dat julle sal bid vir Nandi se herstel. God is magtig om meer te doen as wat ons kan bid of dink. Ons vertrou dat God in beheer is van haar situasie en dat ons Groot Geneesheer sal sorg.
Vir enige verdere inligting kontak :
Anene Nieuwoudt : 082 877 2472
Piet Nieuwoudt : 082 876 3375
Huisnommer : 023 3122718

No comments: