Sunday 18 November 2012

“Do not pray for easy lives. Pray to be stronger men. Do not pray for tasks equal to your powers. Pray for powers equal to your tasks. Then the doing of your work shall be no miracle, but you shall be the miracle.” – Phillips Brooks


Haloes! J

  “Do not pray for easy lives. Pray to be stronger men. Do not pray for tasks equal to your powers. Pray for powers equal to your tasks. Then the doing of your work shall be no miracle, but you shall be the miracle.” – Phillips Brooks

 
Daniel 6:16-23

So the king gave the order, and they brought Daniel and threw him into the lions’ den. The king said to Daniel, “May your God, whom you serve continually, rescue you!”  A stone was brought and placed over the mouth of the den, and the king sealed it with his own signet ring and with the rings of his nobles, so that Daniel’s situation might not be changed.  Then the king returned to his palace and spent the night without eating and without any entertainment being brought to him. And he could not sleep.  At the first light of dawn, the king got up and hurried to the lions’ den.  When he came near the den, he called to Daniel in an anguished voice, “Daniel, servant of the living God, has your God, whom you serve continually, been able to rescue you from the lions?”  Daniel answered, “May the king live forever!  My God sent his angel, and he shut the mouths of the lions. They have not hurt me, because I was found innocent in his sight. Nor have I ever done any wrong before you, Your Majesty.”  The king was overjoyed and gave orders to lift Daniel out of the den. And when Daniel was lifted from the den, no wound was found on him, because he had trusted in his God.

“To love someone is to see a miracle invisible to others.” – Francois Mauriac

“We must not allow the clock and the calendar to blind us to the fact that each moment of life is a miracle and mystery.” – H. G. Wells

Ek was verlede week vir die eerste keer in BAIE lank by ’n dieretuin…  Om daar te kon rondloop was werklik weereens net ’n humbling experience van hoe groot ons God is!  Die dieretuin was opgedeel in verskillende dele – diere van Asië, diere  van Afrika ens ens…  Ek het voor die leeu se hok gestaan en dit was vir my so ’n ongelooflike gesig…  Sy bene en pote was so ongelooflik groot, dat ek gedink het, dat dit kinderspeletjies vir hom sou wees om sy prooi te vang!  God het elke dier perfek geskape, om sy spesifieke doel te kan uitleef in die natuur…  Hy het ook vir diere instink gegee om die regte kos te soek sodat hulle sterk en gesond kan bly…  ALLES, van die kleinste mier, tot die grootste hippo, is deur Hom geskape…  Ons het gestaan en kyk hoe daar vir renosters voer gegooi is, en hoe hulle (so groot soos hulle is), grasieus draf om die kos te kom verober…  Jy kon sien – hulle WEET dat die “caretakers” in die dieretuin, daagliks vir hulle sorg en dat wanneer die voer gegooi word, hulle moet hardloop om te eet J  Hulle het geweet dat hulle nie sonder kos gelos sou word nie… 

Daniël het SO op God vertrou…  Dat selfs toe hy in ’n leeukuil gegooi is, hy steeds geweet het – God sal die onskuldige persoon, die regverdige persoon, en die persoon wat sy hoop en vertroue in God stel ,NIE alleen laat nie!!   God sal nie toelaat dat Sy kind vernietig word deur aanslae van mense  of die duiwel nie…   Ook nie deur die lewe se “challenges” wat na ons kant toe kom nie!  Elkeen van ons kry daagliks (of partykeer selfs UURLIKS, dinge wat oor ons pad kom, wat te groot lyk vir ons om te kan hanteer…  Partykeer wens mens – ek wens ek kan die tyd forward vir so ’n jaar, sodat ek dan net kan terugkyk op hierdie situasie en net kan lag hieroor J  Maar tyd is KOSBAAR J  Elke minuut wat aan ons gegee is, is ’n geskenk van God…  Selfs die slegte en uitdagende tye!!  Dis als tyd wat ons kan gebruik om ’n verskil te maak in hierdie deurmekaar wêreld…  Selfs al is dit net om te bid vir die boere wat tans deur soveel onsekerheid en geweld gaan…  Of vir ’n vriend of vriendin wat iemand nodig het…  Jy is nie per toeval daar waar jy tans is nie…   Jy is daar om as instrument van God gebruik te kan word…  Selfs al voel dit vir jou – ek is op die oomblik in ’n leeukuil vasgevang, en die leeus se bekke is DEFNITIEF nie TOE nie J J  God sal die bekke toemaak, en Hy sal jou seën soos Hy vir Daniël geseën het…  Solank jy net jou hoop en vertroue in Hom stel…  Hou op om so hard te probeer om situasies te beheer, mense SELF te probeer verander, of jou situasie waarin jy jouself bevind te red…  God staan LANGS jou, Sy helpende hand is uitgestrek om jou situasie te verander, die “leeus” in jou lewe se bekke toe te maak, en mense wat jou probeer “breek” in toom te hou…  “Ek kan nie”, moet nie in jou woordeskat wees nie…  “My God KAN” – kan jou week van ’n baie slegte een, na ’n ongelooflike ene verander…  Een waar “impossibilities”, “possibilities” kan word J

Mag jy ’n PRAGTIGE week hê!

Blessings!

Anelli**

 

 

No comments: