Friday 23 November 2012

“Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees die meeste moed…” ~ Joubert


haloes! :)

“Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees die meeste moed…”  ~ Joubert

Psalm 128:1-2

“Dit gaan goed met elkeen wat die wil van die Here doen.  Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees…” 

Prediker 5:18-19

“God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. So ‘n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee…”

“Wie gelukkig is, bring aan ander geluk sonder om iemand dit te ontneem.  Geluk keer altyd terug na die wat dit gee…”  ~ C Sylva

“Mense is net so gelukkig as wat hulle besluit om te wees…”  ~ Abraham Lincoln


Vandag gaan ‘n goeie dag vir jou wees?  Of nie?  Die besluit lê by JOU!  Mens se gemoed, gedagtes en waarop jy jou aandag fokus is alles dinge wat jou gemoedstoestand beïnvloed…  Wanneer jy “down” voel, is my raad vir jou vandag – moenie op ‘n hopie gaan sit, en jammer voel vir jouself nie, of op jou eie wees nie… Gaan uit en stap ‘n ent, of gaan kuier by iemand wat opbouende geselskap vir jou is of spandeer tyd saam met God…  Ek het al baie ervaar, dat wanneer jy bietjie in God se natuur tyd gaan spandeer, voel jou siel sommer weer “restored”…  Die moegheid en probleme van elke dag vervaag, en uiteindelik is dit net jy en God…
En tye wat saam met God spandeer word, is tye van vernuwing, tye waar ons nuwe krag vind, en hoop vir die dag van more…  Joubert se aanhaling is vir my UITSTEKEND!  “Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees, die meeste moed…”  Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie geluk…  As mens gaan sit en wag vir geluk om na jou kant toe te kom, of as jy wag vir ‘n ander persoon om vir jou geluk te bring, gaan jy dalk vir ewig wag…  Maar wanneer jy om jou rondkyk, en jou blessings begin tel (veral op dae wanneer jy down voel), raak die lys eindeloos, en ons God raak oneindig groot…  Bv die Sonsopkoms, sonsondergang, lekker lag, goeie vriende…   Die goeie goed weeg gewoonlik swaarder as die slegte dinge…  Ons moet net die tyd neem om die klein dingetjies raak te sien, en dankbaar te wees daarvoor…  Neem sommer nou ‘n wilsbesluit dat vandag ‘n GOEIE dag sal wees!!  Tel jou seëninge, en jy sal sommer sien – ‘n slegte dag sal in ‘n goeie ene omskep kan word…  Die WIL moet net daar wees…   Jaag na die dinge wat jou gelukkig maak!  Moenie dat goeie goed en tye by jou verbygaan, omdat jy nie bietjie wou waag nie...  As jy seerkry deur 'n bietjie te gewaag het - het jy ten minste probeer, en voluit gelewe!  Soos daardie ongelooflike aanhaling se - mens is meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het...
Blessings!
anelli**

No comments: