Thursday 29 November 2012

“A sense of humor... is needed armor. Joy in one's heart and some laughter on one's lips is a sign that the person down deep has a pretty good grasp of life…” ~ Hugh Sidey



haloes! :)

“A sense of humor... is needed armor. Joy in one's heart and some laughter on one's lips is a sign that the person down deep has a pretty good grasp of life…” ~ Hugh Sidey 

Fillipense 4:13

"Vir alles in die lewe, die goeie en die slegte, sien ek kans, omdat Jesus my bron van krag is..."

Spreuke 17:22

"'n Vrolike mens is 'n gesonde mens...  'n neerslagtige mens, raak uitgeput..."

“Today I choose life. Every morning when I wake up I can choose joy, happiness, negativity, pain... To feel the freedom that comes from being able to continue to make mistakes and choices - today I choose to feel life, not to deny my humanity but embrace it…” ~ Kevyn Aucoin

"As mens nie lag nie, lewe jy nie..."  ¬ Leon Schuster

Ek’t gedink ons moet die week op ‘n ligte noot eindig, met ‘n huppel in jou stap en ‘n glimlag op jou lippe…  Wie weet beter van wat dit is om te lag, as Leon Schuster met sy "PRANKS”?  Ek dink sy quote is groot waarheid...  Die dae wat ek nog die minste gelag het, is verseker die dae wat ek die minste gelewe het...  Ek het eerder gefokus op PROBLEME, as om te fokus op DIE LEWE :)  En ek dink vir meeste van ons wat baie dae moet jaag om alles gedoen te kry, fokus ons meer op die ernstige dinge as die ligter dinge van die lewe…  Dis ook moeiliker om te glimlag of lag, wanneer dit moeilik gaan en jy dan gefokus is op die volgende taak wat verrig moet word…

Ons moet self die lag in ons dag sit...  Omdat Jesus ons bron van krag is, kan ons maar gelukkig wees...  Terwyl ons ons dag tot dag program volg, is Hy agter die skerms besig om dinge te laat gebeur...   Ons is baie keer te vasgevang in ‘n situasie, wat dan voorkom dat ons objektief en met ‘n positiewe ingesteldheid daarna kan kyk…  Ons kyk met die “wat as ek verkeerder besluite neem/ wat is dinge verkeerd uitwerk?  Wat as dinge nie in plek val, soos wat ek hoop God dit gaan laat gebeur nie??”  Dis baie keer ‘n frons wat ons gesig inkleur, eerder as ‘n glimlag…  en ‘n glimlag is aansteeklik...  Ek het nou die oggend op die trein gesit, oppad na ‘n klient…  Daar klim toe ‘n ou op die trein, met sy oorfone op sy ore, en hy sing en RAP KLIPHARD die woorde wat in sy ore blaas!!  Ekt eers gedink ek verbeel myself, maar toe ek later opkyk (dit het seker vir 10 minute aangehou!), toe glimlag die meisie wat skuins oor my sit en ek gelyk vir mekaar…  My dag het sommer ligter begin!!  Baie min mense sal NIE vir jou terug glimlag, as jy hulle so ontvang / tegemoet gaan nie...  Wanneer jy net in problem begin vaskyk, eerder om die LEWE in die oë te kyk - onthou dat die KEUSE van VOLUIT lewe by jou lê...  Deur te worry, gaan nie die probleme verander nie...  Ek weet dis makliker gese as gedaan om nie te worry nie, maar probeer gou dink WANNEER is jou probleme al opgelos deur te worry?  Jy het heel waarskynlik net SLEGTER gevoel deur te worry as beter...  Wanneer jy weer worry - BID...  Of sit vir jou Gospel musiek aan...  God het 'n manier om jou te kom rustig maak wanneer jy in Sy teenwoordigheid tyd spandeer...Laat God jou vul met Sy JOY, en probeer die silwer randjie van die wolk vandag sien :)  Jou Hemelse Pappa is in beheer!!!

Dis Vrydag!  So turn that frown, UPSIDE down :) :)

blessings!

anelli** 

1 comment:

Anonymous said...

Amen! :) It is so important to stay positive, because we are focusing on Jesus and who He is and not on ourselves. This is a great post! I hope everyone has a great weekend full of God's joy! :)

http://andlovewillfindyou.blogspot.com/2012/11/have-you-been-lied-to.html