Monday 19 November 2012

“It’s our faith that activates the power of God.” – Joel Osteen


Haloes! J

“It’s our faith that activates the power of God.” – Joel Osteen

 Jonah 2:1-10

From inside the fish Jonah prayed to the Lord his God. He said:  “In my distress I called to the Lord,

and he answered me.  From deep in the realm of the dead I called for help, and you listened to my cry.  You hurled me into the depths, into the very heart of the seas, and the currents swirled about me; all your waves and breakers swept over me.  I said, ‘I have been banished  from your sight; yet I will look again toward your holy temple.’ The engulfing waters threatened me,  the deep surrounded me; seaweed was wrapped around my head.  To the roots of the mountains I sank down; the earth beneath barred me in forever.  But you, Lord my God, brought my life up from the pit.  “When my life was ebbing away,  I remembered you, Lord, and my prayer rose to you, to your holy temple. “Those who cling to worthless idols turn away from God’s love for them. But I, with shouts of grateful praise, will sacrifice to you. What I have vowed I will make good.   I will say, ‘Salvation comes from the Lord.’”  And the Lord commanded the fish, and it vomited Jonah onto dry land. 

 Men create real miracles when they use their God-given courage and intelligence...” – Jean Anouilh

“I am not embarrassed to tell you that I believe in miracles…” – Corazon Aquino

God het gevra dat Jona moet gaan preek in Nineve – en dat hy die inwoners moet wys daarop dat hulle afgedwaal het, en dat hulle ongehoorsaam was aan God…  Jona het egter gevlug, weg van die rigting waarin God hom gewys het, en het sy eie kop gevolg…  Hy het met ’n skip gevlug, saam met skeepsvaarders, wat nie ’n idee gehad het wat oppad was nie…  God het ’n storm laat uitbars wat so kragtig was, dat die boot onbeheerbaar geraak het…  Die bemanning het van die bagasie afgegooi, maar dit het geen verskil gemaak nie…  Hulle het na Jona gedraai en hom gevra om tot sy God te bid…  Jona het aan die bemanning gesê om hom oorboord te gooi (hy het geweet dat dit sy skuld was dat daar so ’n groot storm losgebreek het), maar hulle wou nie…  Hulle was bang dat hulle gestraf sou word vir die dood van ’n “onskuldige” man…  Toe daar later geen kant toe was waarheen hulle kon vlug nie, het hulle vir Jona oorboord gegooi…  God het ’n groot vis gestuur wat hom ingesluk het…  Vir 3 dae en 3 nagte was hy in die vis…  Hierbo is die gebed wat hy tot God gebid het…  Dis vir my ongelooflik mooi!  ELKEEN van ons kan daarmee assosieer…  Hoveel keer het ons nie al ons eie kop gevolg, en daardie stemmetjie in ons binneste geïgnoreer nie?  Hoe baie keer “vergeet” ons nie van God wanneer dit goed gaan nie?  Dis maklik om te bid wanneer dit moeilik gaan – want dan is God jou anker – jou vaste grond waarop jou voete kan staan…  Maar partykeer, vergeet ons om God te dank wanneer dit goed gaan…  En partykeer bid ons nie wanneer ons groot besluite moet neem nie, maar besluit ons sommer self…  Die lewe is so ’n gejaag dat daar nie tyd is vir stil en rustig word nie…

Ek het vandag 3 keer die boodskap gekry – God se tyd, nie my eie tyd nie…  Maar hoe moeilik is dit nie!!  Daar is niks meer frustrerend om in ’n ry te staan en wag, veral as jy haastig is nie!  Hoeveel meer frustrerend is dit dus nie, as jy antwoorde wil hê op sekere goed waarmee jy worstel, maar jy geen konkrete antwoord van God kry nie?  Partykeer hou jy op bid, omdat dit vir jou voel of God nie luister nie…  Miskien slaan al die deure wat jy graag sou wou oop hê, toe…  Ek belowe jou vandag – iets waarvan ek BAIE seker is, in die woorde van Hellen Keller:  “When one door of happiness closes, another opens; but often we look so long at the closed door that we do not see the one which has been opened for us.”  Vir elke “Nee” antwoord wat God vir jou het, het Hy iets BAIE meer spesiaal en besonders as wat jy vir jouself hoop of droom of dink…  Die geheim is net om nie op te hou bid nie, nie op te hou vertrou nie, en nie op te hou wag op God nie…  God se “experience” ten opsigte van DIE LEWE, is duisende jare meer as jou en myne!  Laat ons getrou op God wag – Hy sal jou beloon daarvoor!!!  God seën jou daagliks!  Moet net nie so vaskyk in als wat teen jou is dat jy dit wat VIR jou is miskyk nie…  Ek wil jou uitdaag – GLO, dat God vir jou iets beter ingedagte het as wat jy vir jouself het…  En maak nie saak WAT jy al gedoen het nie, as jy dit bely het, is God getrou en regverdig – Hy het jou reeds duisende jare gelede, al SO lief gehad dat Hy vir jou sondes aan ’n Kruis gesterf het!

Blessings!

Anelli**

No comments: