Sunday 11 November 2012

"Liefde wen!" ~ Bouwer Bosch

Haloes! :)

"Liefde wen!" ~ Bouwer Bosch

Matthew 27:46-54

"About three in the afternoon Jesus cried out in a loud voice, “Eli, Eli, lema sabachthani?” (which means “My God, my God, why have you forsaken me?”). When some of those standing there heard this, they said, “He’s calling Elijah.”  Immediately one of them ran and got a sponge. He filled it with wine vinegar, put it on a staff, and offered it to Jesus to drink. 49 The rest said, “Now leave him alone. Let’s see if Elijah comes to save him.”  And when Jesus had cried out again in a loud voice, he gave up his spirit.  At that moment the curtain of the temple was torn in two from top to bottom. The earth shook, the rocks split  and the tombs broke open. The bodies of many holy people who had died were raised to life. They came out of the tombs after Jesus’ resurrection and[c] went into the holy city and appeared to many people.  When the centurion and those with him who were guarding Jesus saw the earthquake and all that had happened, they were terrified, and exclaimed, “Surely he was the Son of God!”

“Sometimes we have to hit bottom before we figure out how to really enjoy life.”― Michael Palmer

"Each of my days are miracles. I won't waste my day; I won't throw away miracle…" ~ Kelley Vicstrom

Ek dink een van die grootste wonderwerke wat ooit plaasgevind het, was dat Jesus vir ons aan die Kruis gesterf het... EN dat Hy nie in die graf gebly het nie, maar dat Hy opgestaan het uit die dood, en dat Hy vandag sit aan die regterhand van God... Verder, dat Hy ons nie alleen agtergelaat het nie, maar dat Hy Sy Heilige Gees aan ons gegee het, sodat ons nooit weer alleen sal wees nie...
Een van my gunsteling Bybelverse is: "niemand het groter liefde as dit nie, dat hy sy lewe vir sy vriende afle..." (Johannes 15:13)  Dis tog immers wat Jesus vir ons gedoen het...  Een van my gunsteling aanhalings weer wat hierby aansluit, is die van Bouwer Bosch - " liefde wen..." 

Want, soos deurJesus se kruisdood bewys is, het liefde gewen!  Sy groot liefde vir ons, Sy kinders...  In hierdie tye waarin ons leef, is dit partykeer moeilik om liefde te laat wen...  Daar is te veel dinge om oor te worry... Ek is baie keer belangriker as ons... Of vriende, of familie....  Ons raak baie keer so vasgevang in ons eie dinge, my drome, my ideale, my probleme, my vreugde, my hartseer... Partykeer mis ons uit aan God se Wil vir ons lewe - iets baie groter as wat jy kan hoop of dink!! Is ons elke dag Jesus se hande en voete? Sien mense God se liefde in jou optrede? Of is daar elke dag te veel goed in jou lewe, wat jou weerhou om voluit liefde op hierdie aarde te wees?  Iets wat ek die laaste tyd net oor en oor gesien het, is dat wanneer ons Jesus eerste sit, bo al ons  pyn en worry en probleme, laat Hy dinge in plek val...  Mense word in jou lewe geplaas vir 'n spesifieke rede... Sommige om jou te leer, sommige om by jou te leer, sommige om jou te help groei en ander om jou lief te he en by te staan...  My broer se altyd - almal hoef nie my vriend te wees nie, maar hoe spesiaal is dit nie om een vriend of vriendin te he vir wie jy kan vra - bid asseblief nie - en met alle rustigheid in jou hart te weet - hulle bid vir jou! Kom ons laat hierdie week toe dat die "liefde moet wen" sodat ons Jesus se hande en voete ten volle kan wees ;)

Blessings!

Anel**

No comments: