Sunday 2 December 2012

“Jesus is by ons, daarom hoef ons geen uitdaging te vrees nie… Sy krag is al wat ons nodig het…” ~ Joyce Meyer


Haloes! :)

“Jesus is by ons, daarom hoef ons geen uitdaging te vrees nie…  Sy krag is al wat ons nodig het…”  ~ Joyce Meyer

Psalm 31:25

“Daarom, wees sterk en vol moed, almal wat op die Here vertrou…”

Isaiah 41:10-13

So do not fear, for I am with you;  do not be dismayed, for I am your God.  I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand.  “All who rage against you will surely be ashamed and disgraced;  those who oppose you will be as nothing and perish.  Though you search or your enemies, you will not find them.  Those who wage war against you will be as nothing at all.  For I am the Lord your God who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear; I will help you.

“Courage is not the absence of fear, but rather the judgement that something else is more important than fear.” ― Ambrose Redmoon

“Have courage for the great sorrows of life and patience for the small ones; and when you have laboriously accomplished your daily task, go to sleep in peace. God is awake...” ― Victor Hugo

Voor ‘n groot toets of eksamen het mens altyd bietjie vlinders in die maag…  Of daar is onsekerheid in jou gemoed van – ‘het ek genoeg gedoen??’ ‘Het ek op die regte dinge gefokus??’  ‘Ek wens ek het nog tyd gehad’, of ‘ek wens dis al verby!!’  Dis normaal om so te voel – want ons is NET MENS!!  Net soos ons toetse en eksamens moet aflê, kom ons net so dikwels te staan voor “lewenstoetse”…  Waar ons ook gekonfronteer word met moeilike situasies, besluite en omstandighede wat partykeer buite ons beheer is…  Die duiwel is baie goed daarin om saadjies van twyfel in mens se gemoed te kom plant van – “jy is nie goed genoeg nie…  of jy sal in elk geval nie dit regkry nie, so hoekom probeer jy dan nog?”  Hy kom steel ook ons JOY wanneer hy dit doen, want op die manier begin ons twyfel in ons vermoëns, maar ook in God…  In Fillipense 4:13 staan – “Jy is tot ALLES in staat deur HOM wat jou die krag gee…”

Al drie aanhalings vandag is vir my SO van toepassing op ons alledaagse lewe!  Ek wil Joyce Meyer se woorde beaam…  Jesus is 24 uur, 7 dae ‘n week, elke minuut van elke dag aan jou sy…  Jy hoef GEEN uitdaging wat jou kant toe kom te vrees nie, want Hy is by jou…  Soos ‘n bodyguard ‘n baie belangrike persoon oppas, SO SAL HY VIR JOU SORG!  Al wat jy nodig het vir oorwinning oor moeilike situasies, is vertroue in God, wat aan jou sy is…   En die WETE dat Hy jou van krag sal voorsien, om jou die oorwinning te gee…  Dit beteken steeds nie dat ons nie sal bang word partykeer nie, maar soos wat Ambrose Redmoon sê – om moed te hê beteken nie dat ons nie bang is nie, die feit dat ons die krag kry om te veg vir wat ons wil hê en deur te druk deur moeilike tye, is die WETE dat daar IEMAND groter is as ons vrees…  En dan laaste maar nie die minste nie…  Deur die wete dat Jesus by jou is, en groter is as enige iets wat jy vandag of hierdie week mag FACE, kan jy met ‘n rustigheid gaan slaap deur te weet – Hy is in beheer…  Hy sal heel nag oor jou die wag hou, en jou beskerm teen ALLE gevaar…  Jesus is reeds in hierdie week wat voor jou lê…  EN Hy staan reg om jou by te staan, te help en te dra daar waar jy nie verder kan nie…  Jy hoef NIKS hierdie week in eie krag aan te pak nie – maar jy kan net vertrou op Jesus…  Ek los jou met ‘n vers (wat veral hierdie tyd van die jaar ALTYD vir my rus en vertroosting bring!)  Isaiah 40:31 - but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.

Lekker daggie vir jou!  Jesus is in BEHEER!

Blessings!

Anelli**

No comments: