Wednesday 30 November 2011

“Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living…” ~ Thomas A Kempis

Haloes! :)


“Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living…” ~ Thomas A Kempis

Romeine 8:28

“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk, vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you, declares the Lord… Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…”

“Life, I’ve learned, is never fair… If they teach anything in schools, that should be it…” ~ Nicholas Sparks

“In the end, you should always do the right thing, even if it’s hard…” ~ Nicholas Sparks

Thomas A Kempis slaan vandag vir my die spyker op die kop… Om jou lewe voluit te kan lewe, om jou drome na te jaag en om vorentoe te kan beweeg, is daar 3 dinge nodig: Jy moet weet waarheen jy oppad is / wat jou doelwitte of drome is… Ons moet die Waarheid (vir God) ken, om te kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is, en ons het LEWE nodig (asem in jou longe) om te kan LEWE J As jy vir Jesus in jou lewe het, kan jy AL hierdie dinge in oorvloed hê, want deurdat Hy vir ons kom sterf het aan die Kruis, het Hy vir ons die weg, die waarheid en die lewe kom gee… En in oorvloed! Ons hoef nie te vrees om eendag dood te gaan nie, want ons het deur Jesus se kruisdood die Ewige lewe ontvang…

Miskien het jy soveel planne vir 2011 gehad, en het “Die LEWE” met jou gebeur, dat dinge nie uitgewerk het soos jy gehoop het nie of dat die lewe dalk ‘n paar harde klappe na jou kant toe uitgedeel het… Miskien voel dit vir jou of Jeremia 29:11 en Romeine 8:28 nie op jou lewe van toepassing is nie… Dat jy probeer om positief te wees, maar dit werk net nie… Of dat jy sommer net erg moeg is hier aan die einde van die jaar… Maak nie saak hoe moeilik, of hoe deurmekaar jou lewe vandag is nie – jy is GEWAARBORG van ‘n Ewige Lewe… Van ‘n God wat jou ONEINDIG baie lief het, en wat jou wil seën met SOVEEL meer dinge as wat jy tans het, asook SOVEEL meer dinge as wat jy ooit sal kan droom van… Elke dag, is ‘n nuwe geskenk van God af vir ons – die moontlikhede is eindeloos… Hoe ons egter daardie moontlikhede gaan benader is wat die deurslaggewende rol sal wees…

As jy gaan toelaat dat die lewe en sy klappe jou gaan onderkry, sal dit sommer maklik… Maar as jy terugveg, en GLO dat God vir jou ‘n pad gaan maak, waar daar tans net ‘n doodloopstraat is, SAL dit vir jou so wees… Ons moet meer bid, meer vertrou, en minder vaskyk in ons omstandighede… Die Bybel is VOL beloftes van seën, en dat ons as God se kinders, goeie dinge kan verwag in ons lewe… Dis nie net op die mense rondom jou van toepassing nie – as jy vir Jesus aangeneem het, is dit beloftes vir JOU lewe… Gaan op jou knieë, bid en vertrou! Ekt vanoggend Jabes se gebed vir jou, en ek wil jou uitdaag om dit oor jou lewe uit te bid, net daar waar jy nou sit… God sal voorsien, as ons vra en glo… “Here, seën my, seën my ryklik… Seën my, seën my daadwerklik… Vermeerder my grondgebied, hou U hand oor my, laat my geen pyn veroorsaak nie, o Heer, seën my…”

Blessings!

No comments: