Sunday 20 November 2011

Life is not what it is supposed to be… it’s the way it is… The way we cope with it is what makes the difference…

Haloes! :)


Life is not what it is supposed to be… it’s the way it is… The way we cope with it is what makes the difference…

1 Petrus 5:7

“Gee julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om…”

Matteus 6:25-27

“Daarom sê ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe, oor wat julle al eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek… Is om te lewe nie baie kosbaarder as kos nie? En is ‘n mens se liggaan nie baie kosbaarder as klere nie? Hou die voëls in die lug dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie… Dit is onnodig, want julle Hemelse Vader gee aan hulle hulle kos… Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie? Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek? Vanselfsprekend nie!”

“Life ends when you stop dreaming…
Hope ends when you stop believing…
Love ends when you stop caring…
And Friendship ends when you stop sharing!!” ~ Anonymous

“Dream as if you'll live forever, live as if you'll die today…” ~ James Dean quotes

Hoe lyk die stel kaarte wat jy tans in jou hand hou? Ek het nou die dag iemand hoor sê – die lewe is nie regverdig nie… Slegte dinge gebeur, 99% van die tyd met goeie mense!! Hoe verstaan mens dit?? Dis een van die onverstaanbare dinge van ons lewe J Ek dink nie ons moet probeer om dit te verstaan nie – dis maar net hoe dit is… God het vir elkeen van ons ‘n lewensplan, en doel hier op aarde… Sommige van ons het net ‘n moeiliker stel kaarte gekry, en sal net “slimmer moet speel” om resultate te kry wat ons wil hê as die res… Die belangrikste om te onthou, is dat die “Dealer” van die kaarte (GOD), daardie kaarte met ‘n rede vir jou gegee het…

Hy sou nie vir jou daardie kaarte gegee het, as hulle nutteloos was, of as jy niks met dit kon doen nie… Hy het ‘n spesifieke plan met daardie kaarte, en om daardie kaarte vir jou te laat werk, moet jy net dit oorgee aan God! Bid, en laat Hom toe om jou te help, om die beste moontlike besluite te kan neem!!! Hy sal antwoord, as jy bid… Moenie bekommerd wees vir een oomblik oor dinge wat moeilik, of onbeheerbaar lyk nie… Dinge wat jy nie kan uitklaar, of laat uitwerk nie – hou op om so hard op jou EIE te probeer!! Gaan op jou knieë en bid dat God jou sal help – want Hy SAL!!!! Jy is vandag waar jy is, omdat God ‘n baie spesifieke doel en plan vir jou lewe het… Moenie vir ‘n oomblik daaraan twyfel nie, en maak die meeste van elke geleentheid wat oor jou pad kom… God is met jou, en Hy wil jou help :) Vat Sy hand!!

Blessings!

No comments: