Monday 14 November 2011

A man is happy so long as he chooses to be happy and nothing can stop him.” - Alexander Solzenitsyn

Haloes! :)


A man is happy so long as he chooses to be happy and nothing can stop him.” - Alexander Solzenitsyn

Psalm 33:11-18 (Die Boodskap)

“Mense wat die Here as God aanbid, sal baie gelukkig wees… Hulle is sy kinders… Vir Hom is hulle elkeen baie spesiaal… Daar in die hemel is die Here baie besorgd oor al die mense wat Hy gemaak het… Hy sorg vir almal… Vanuit sy blyplek gee Hy vir elkeen om… Hy ken hulle deur en deur… Hy weet presies wat hulle doen… Dis nie wapens wat die leier van ‘n land laat wen nie… Spierkrag help nie veel nie… Dis ook nie militêre krag wat bevry nie! Net die Here gee oorwinning. Hy sorg vir elkeen wat Hom dien…”

“Happiness is never stopping to think if you are…” ~ Palmer Sondreal

“Nobody really cares if you are miserable, so you might as well be happy…” ~ Cynthia Nelms

Cynthia Nelms dink ek moes eerstehands ervaar het wat sy geskryf het… Ek dink net iemand wat al tot daardie besef gekom het dat niemand regtig gaan worry as jy ongelukkig is nie, sal so iets skryf J Mense se ingesteldheid is maar gewoonlik op die eie ek – my lewe, my omstandighede, dinge wat my gelukkig of ongelukkig maak, dinge waaroor ek bekommerd is… Ons stop maar baie min om te worry oor die ou langs ons… En soos ek net weer besef het onlangs – daar is ALTYD iemand wat dit moeiliker of swaarder het as ons…

Gelukkigheid, of innerlike geluk, is ‘n KEUSE wat jy maak… Ek het al baie oggende opgestaan, en dan gebeur iets simpels, bv soos om te mors op jou wit hemp… My moed het sommer al baie in my skoene gesak dan, en voor ek myself kom kry, dink ek sommer – aahhhh! Gaan dit nou alweer een van DAAI dae wees?? Ek het egter na baie goed wat ek gelees het, en gehoor het, net tot die besef gekom – klein goedjies gaan daagliks gebeur, en dit gaan daagliks veroorsaak dat jou dag dalk slegter voel… maar hoe jy as mens optree, en hoe jy toelaat dat dit jou dag beïnvloed, hang van jouself af… Mens se brein is HUGE, en die funksies wat dit als kan verrig, dink ek is groter as wat ons ooit sal kan verstaan… As jy POSITIEWE denke aan die dag lê – kan jy nie anders as om gelukkiger te voel nie… As jy op mense gaan staatmaak om vir jou innerlike geluk te gee, gaan jy ongelukkig lank wag! Geluk is ‘n keuse wat jy maak, en ‘n wilsbesluit… Wanneer ons ophou toelaat dat die klein dingetjies ons so beinvloed, raak die groter dinge ook makliker om te hanteer… Baie keer lyk die groot goed vir jou nog groter, “because you sweat the small stuff”…

Laat God jou vrede in jou hart kom gee, en jou kom vul met JOY wat ALLE verstand te bowe gaan!! Ons het SOVEEL om voor dankbaar te wees, en dit opsigself is iets om jou dag sommer net op te helder! As jy kos het om te eet, en ‘n bed om in te slaap – is jy klaar meer bevoorreg as BAIE mense daar buite… Kom ons tel ons seëninge, en kom ons fokus vandag op dit wat ons WEL het, eerder as dit wat ons nie het nie… God sal sorg dat jy alles het wat jy nodig het – moenie bekommerd wees nie!!

Blessings!

No comments: