Thursday 3 November 2011

“Most of the important things in the world have been accomplished by people who kept on trying when there seemed to be no hope at all…” ~ Dale Carnegie quotes

Haloes! :)


“Most of the important things in the world have been accomplished by people who kept on trying when there seemed to be no hope at all…” ~ Dale Carnegie quotes

Romeine 8:28

“En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe…”

Efesiërs 3:20-21

“Hy moet geprys word – HY wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra…”
“Never let go of hope… One day you will see that it all has finally come together… What you have always wished for has finally come to be… You will look back and laugh at what has passed and you will ask yourself – how did I get through all of that?” ~ Anonymous

Na aanleiding van ‘n epos wat ek ontvang het, het ek besluit om hierdie gedagteki te skryf… Lees bietjie hierdie aanhaling van Wilmari…

"Ek het so ‘n tydjie terug ‘n e-pos van ‘n dame ontvang waar sy gese het dat God dit op haar hart gele het dat sy vir ons land se leiers moet bid, dat God hulle harte moet vernuwe sodat daar nie aangehou sal word met al hierdie haatspraak en haat uitsprake nie, ek wil graag hierby byvoeg en se dit JA, VERSEKER MOET ONS VIR HULLE BID, MAAR moet ons nie ook vir ‘n slag in ons ALMAGTIGE GOD met ‘n oortuiging begin glo dat vir ons God NIKS onmoontlik is nie en Hom met ‘n hemelse oortuiging sal begin vertrou, die geskiedenis van ons land het dit al soveel keer bewys dat hierdie wonderlike land van ons in ons God se hand is, hoeveel wonderwerke het ons nie al gesien nie, was Bloedrivier nie ‘n wonderwerk toe die voortrekkers vir God gebid het en gevra het om hulle te beskerm nie, wat van 1994-1995, almal was so bang , die kombuis kaste was vol gepak met blikkies kos, want almal het ‘n burgeroorlog verwag en met die 1995 Wereldbeker toe ons land se mense vir die eerste keer begin bymekaar staan, was dit nie nog wonderwerke van ons Vader af nie, het ons Vader nie alreeds aan ons bewys dat hy ‘n plan het met ons en hierdie land nie?

Kom ons begin op hou om te VREES vir ons veiligheid en of ons kinders eendag in hierdie land nog sal kan woon en oud word en hou op om oor die land te ‘worry’, ons fokus is op die verkeerde plek, hoekom fokus ons op VREES wat net van die duiwel af kom, want hy het gekom om te “deceive and to destroy” en begin VERTROU in ons God se ALMAG, is ons God nie groter as enige politieke persoon nie? Ja, kom ons hou aan met bid vir ons land se leiers, maar kom ons begin ook weer vir ons God ‘n wonderwerk vra en in Hom met ‘n oortuiging te vertou vir daardie wonderwerk, want as Hy dit vir die voortrekkers by Bloedrivier kon doen, en vir ons in 1994, sal Hy dit mos VERSEKER weer vir ons doen!”

Hierdie het my laat dink… Ons bely dat ons in God glo, maar tog, wanneer moeilikheid kom, raak ons baie vinnig benoud, en probeer ons dinge uitsorteer op ons eie… Ons sê dat ons op God vertrou, maar ons lê nagte wakker oor dinge wat ons pla… Ons lewe in vrees oor dinge wat moontlik kan gebeur – maar defnitief nie ‘n “given” is nie… In plaas van om eerder te BID en God net te vertrou!!! God is magtig om ONEINDIG meer te doen vir jou, vir my, vir Suid-Afrika, vir ons land se leiers, as wat ons ooit mag HOOP, of OOIT kan dink!!! God SAL vir jou deurkom… God SAL jou gebede beantwoord – vinniger as wat jy dink… Ek dink baie keer is gebede onbeantwoord omdat ons ophou vertrou, ophou glo, ophou bid… VERTROU… God sal sorg vir jou, jou geliefdes, jou finansies, jou siekte, eksamens, bekommernisse, stress, hartseer ens ens ens… Die lys kan vir ewig aangaan! Let GO and LET YOUR GOD TAKE CARE OF YOU! Want Hy SAL! Hy sal jou NIE in die steek laat nie!!

Blessings!

No comments: