Thursday 1 December 2011

“Nothing that is worthwhile is ever easy…Remember that…”~ Nicholas Sparks, Message in a Bottle…

Haloes! :)
“Nothing that is worthwhile is ever easy… Remember that…” ~ Nicholas Sparks, Message in a Bottle…
Fillipense 4:13
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee…”
Isaiah 40:31
“But those who put their hope in the Lord, will renew their strength… They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
Vitamiene vir die Siel...
Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, al is party belangriker as ander.
Vitamiene A;vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.
Vitamiene B;vir Blydskap, smile so nou en dan vir iemand! Jy maak dalk net iemand se daggie.
Vitamiene D;vir Dankbaarheid. Wees dankbaar vir alles wat jy het waarmee God jou geseen het.
Vitamiene E;wees Eg en Eerlik met jouself en almal om jou.. Eerlikheid is die pad na enige iemand se Respek.
Maar: Vitamiene C; is die belangrikste:
Vitamiene C;
Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee...

Ek het die laaste tyd nogals baie oor die volgende gedink – Niks in die lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Dit verg gewoonlik harde werk, kosbare tyd wat geinvesteer moet word, en dat jy werklik ‘n passie moet hê om te veg vir dit wat jy wil hê… “Good things comes to those who wait…” Dis iets wat mens moet onthou wanneer jy dalk ongeduldig wil raak omdat dinge nie in plek wil val nie, of wanneer dit dalk vir jou voel of jy heeltyd net “obstacles” in jou pad het, en dat die dinge wat jy graag in die lewe wil hê, jou bly ontglip…
Iets wat mens egter net moet onthou – alles wat jy graag wil hê, gaan nie net noodwendig in mens se skoot val nie. God is ons ultimate provider, en Hy sal voorsien wanneer ons bid, maar ons moet self ook bereid wees om te werk en te veg vir dit wat ons wil hê… Ons het die belofte dat Jesus ons nooit sal verlaat nie – Hy sal ons help, en ons is tot ENIGE iets in staat deur Hom wat ons die krag gee, maar ons moet van ons kant af ook werk… Hierdie laat my dink aan die storie van die ou wat gestrand was in die middel van die oseaan, en op ‘n dobberende stuk hout gewag het vir “redding” om te kom. Hy’t gebid dat God sal voorsien, en hom sal red… 3 Keer het daar bote verbygekom en aangebied om hom op te tel en na veiligheid te neem, maar hy het elke keer net gesê – die Here sal vir my ‘n uitweg stuur… Hy het op die ou end gesterf, en toe hy by die hemelse poorte kom, het hy aan God gevra – hoekom het U my verlaat en my nie gered of voorsien toe ek U redding nodig gehad het nie? U het dan gesê U sal altyd voorsien! Die Here het toe net gereageer deur te sê – 3 keer het Ek vir jou ‘n uitweg gestuur, maar jy wou dit nie vat nie…
Die antwoord op ons vrae is baie keer reg voor ons neus… Ons is baie keer vol fiemies met dit waarmee God ons seën… Ek bid dat jy sal bid vir God se wil oor jou lewe… God gee mens nie altyd waarvoor jy bid nie, maar Hy gee jou ALTYD wat jy nodig het… Veg vir dit wat jy wil hê, en GLO dat God in elke behoefte wat jy het sal voorsien… Of dit nou is om gesond te wees, om finansiele sekuriteit te hê, om liefde te vind, of verhoudings te herstel, om werksekuriteit / gelukkigheid te hê – gee dit oor in jou Paps se hande… En keep on fighting!!! Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie – wees bereid om van jouself te gee, te bid, te wag en te veg, vir dit wat jy graag sal wil hê…
Blessings!

No comments: