Thursday 3 November 2011

“You can do more than pray after you have prayed, but you can never do more than pray until you have prayed…” ~ AJ Gordon

Haloes! :)


“You can do more than pray after you have prayed, but you can never do more than pray until you have prayed…” ~ AJ Gordon


Psalm 46:11

“Wees stil en weet Ek is God… Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde…”

Matteus 7:7

“Hou aan met vra, en God sal vir julle gee… Hou aan met soek en julle sal dit kry… Hou aan met klop en God sal die deur vir julle oopmaak… Elkeen wat volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak…”

“Seven days without prayer, makes one weak…” ~ Allen E. Vartlett

“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties…” ~ Oswald Chambers

Waarin kyk jy vas vanoggend? Waarteen sien jy op? Of wat is dit waarop jy al jou aandag, enegie inspan en fokus?? Wat maak jou bekommerd?? Fokus daarop en BID sommer NOU daaroor terwyl jy daar sit waar jy is… Hierdie aanhaling van AJ Gordon is vir my ongelooflik cool!! Wanneer ons nie vir God in ons lewe het nie, is daar NIKS om aan vas te hou nie… Ek weet nie hoe mense wat “claim” dat daar GEEN God is, deur ‘n dag of ‘n week kom nie… Waar vind jy jou krag? Waar laai jy jou battery?

Nadat jy tyd in God se teenwoordigheid spandeer het, is mens gewoonlik weer gevul met die krag wat jy nodig het om die lewe aan te pak J Ons raak vatbaar vir die duiwel se listigheid wanneer ons nie bid en tyd saam God spandeer nie… Dis wanneer bekommernis oorneem, en ons vertroue in God by die agterdeur van ons lewens uitloop… Ek dink ons mis uit op SOVEEL seën vir ons lewe, omdat ons nie vra daarvoor nie! Of ons vra, maar ons GLO nie dat God vir ons gaan deurkom nie… Ons moet bid en ons oë gefokus hou op ons God, nie ons probleme nie… In God se woord is daar SOVEEL beloftes dat God jou NOOIT op jou eie sal los, of jou aan jou eie lot oorlaat nie! Jy moet Hom net vertrou… Wanneer jy daai worries by God in gebed aflaai, los dit daar… Hou op so swaar dra aan verwyte, aan pyn, aan leiding, aan finansiële moeilikheid en hartseer… VERTROU, en LAAT GOD toe om jou te seën, met ALLES wat HY vir jou beplan het… Want ek belowe jou – Sy drome vir jou, en jou lewe, is SOVEEL groter as wat jy OOIT sal kan hoop of dink… Staan vandag terug, en kyk hoe God voorsien...

Blessings!



No comments: