Thursday 17 November 2011

“Try and fail, but don’t fail to try…” ~ Stephen Kaggwa

Haloes! :)


“Try and fail, but don’t fail to try…” ~ Stephen Kaggwa

Hebreërs 12:1

“Met so ‘n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding die baan wat voor ons uitgestrek lê – ons oë gevestig op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot eindstreep steun…”

2 Tessalonisense 3:5

“Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee…”

“Wees dapper in die groot teleurstellings van die lewe en geduldig met die kleines, en wanneer jy met moeite jou daaglikse taak verrig het, kan jy met gerustheid gaan slaap, God is wakker…” ~ Victor Hugo

“The future depends on what we do in the present…” ~ Mahatma Gandhi

Probeer is die beste geweer… Dis een van die heel eerste goed wat ek in my lewe geleer het… Ek weet nie watter tipe persoonlikheid jy het nie, maar as iemand vir my vertel dat ek iets nie kan doen nie, of dat ek nie goed genoeg is nie, sal ek uit wees daarop om die persoon verkeerd te bewys. Ek sal gaan sit, en probeer totdat ek dit regrky – selfs al vat dit my URE!

Wat ek hiermee probeer sê – dis ALTYD te vroeg om op te gee!!! Moenie dat mense OOIT aan jou vertel dat jy nie kan nie, dat jy nie slim genoeg, of mooi genoeg, of gesond genoeg, of ryk genoeg is nie… Dis alles dinge waarna MENSE na kyk! God kyk verder as dit – Hy kyk na die mens wat jy is… En dis wat EWIGHEIDSWAARDE het… Eendag as jy by die Hemelse poorte aankom, gaan dit nie een van die mense wees wat negatiewe uitsprake oor jou lewe gemaak het, wat vir jou daar gaan wag nie – dit gaan God wees… En Hy oordeel nie volgens menslike standaarde nie…

Moenie dat mense jou so afbreek dat jy nie die moed het om jou drome na te jaag, of om aan te hou en uit te hou wanneer dinge dalk opdraend gaan nie… Soos Gandhi gesê het, jou toekoms hang af van dit wat jy NOU doen… Nie dit wat jy 10 jaar van nou af gaan doen nie… Vandag is die boublokke van jou lewe, vir di twat oor 10 jaar van nou af sal gebeur… Wanneer jy dalk teleurstellings langs die pad het – wanneer dinge anders uitwerk as dit waarop jy hoop, hê net geduld! Want God het GROTER planne vir jou, as wat jy vir jouself het… Al wat Hy wil hê, is dat jy nie op mense sal vertrou nie, maar op HOM! Volhard, en hou jou oë gevestig op Jesus… Nie op jou omstandighede nie… Wanneer mens so begin kyk – vir God bo ons situasies stel, val die dinge in plek… Want as God nommer een is, is jou lewe in ewewig, en kan dinge nie anders as om uit te werk nie… Ek weet ek’t gister vir jou die vers gegee, maar ek bid dit vandag oor jou lewe! Mark 11:24 - “Therefore I tell you, whatever you ask in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”

Blessings!

No comments: