Monday 7 November 2011

“Every tomorrow has two handles. We can take hold of it with the handle of anxiety or the handle of faith...” ~ Henry Ward Beecher

Haloes! :)


“Every tomorrow has two handles. We can take hold of it with the handle of anxiety or the handle of faith...” ~ Henry Ward Beecher

Eksodus 15:2

“My krag en my sterkte kom van die Here… Hy gee my die oorwinning… Hy is my God… Ek wil Hom loof…”

Matteus 6:34

“Moet daarom nie oor môre bekommer nie… Môre sal sy eie bekommernisse bring… Vandag se moeilikhede is vir een dag genoeg…”

“Worry never robs tomorrow of its sorrow, it only saps today of its joy.” ~ Leo F. Buscaglia quotes

“Worry is like a rocking chair--it gives you something to do but it doesn't get you anywhere.”

Worry jy oor wat môre vir jou wag? By die werk? By die skool, of by Universiteit, of College… Worry jy oor jou verhouding met daardie spesiale iemand? Jou huwelik? OF oor sommige van jou vriendskappe? Ek kom baie keer agter, in my eie lewe, en ook wanneer ek met ander mense gesels – die feit dat ons jaag, van die een ding, na die volgende ding, maak dat ons baie keer nie in die “nou” lewe nie… Ons lewe al 5 weke vooruit… Of dit wat in ons koppe aangaan, is hoe ons probeer uitfigure om tyd te maak vir dit, en dat, en te beplan… Voortdurend te beplan, en te bekommer oor die “wat asse” of “sê maar nou net…”

AS = verbrande hout!! Soos ek altyd vir my een vriendin op Universiteit gesê het – “baby steps”… Soos ‘n baba leer loop, met klein treetjies, moet ons die lewe ook aanpak… Klein tree, met GROOT geloof… Met ons hand in God s’n… Daar is niks mooier as ‘n baba wat sulke wankelrige tree gee, terwyl hy sy ouer se hand vashou nie… Of as hy met sulke wankelrige treetjies na sy ma of pa hardloop, terwyl die ma of pa met uitgestrekte arms op hom wag… God se arms is uitgestrek na jou – jy moet net in Sy arms inloop… Hy hou jou hand ook vas – met ELKE tree wat jy gee… God het nie die hele wêreld in een dag geskep nie… Ons moet dus ook nie ongeduldig raak wanneer dinge nie in een dag vir ons gebeur nie… Die lewe is ‘n loopbaan – nie ‘n renbaan nie… Elke dag het spesiale blessings in dit, wat ons moet AANGRYP, en geniet! Hierdie aanhaling van Henry Ward Beecher, is vir my ook ONGELOOFLIK! Ons kan elke worry op 2 maniere benader – met geloof, of met angstigheid… Daar is GEEN groter satisfaksie vir die duiwel as jy nommer 2 kies nie… Maar wanneer ons ELKE probleem, of uitdaging wat oor ons pad kom, met GOD, en in gebed aanpak, is daar GEEN beperkinge op wat kan gebeur nie… God sal jou kom vul met rustigheid… Hy sal die dinge in plek laat val, sonder dat jy partykeer ‘n vinger hoef te verroer… VERTROU net! Stap met daardie wankelrige treetjies van ‘n baba wat leer loop – God se arms is uitgestrek om jou te vang…

Stel Hom in beheer, en los die handvatsel van angstigheid, maar vat die ene van geloof en vertroue… God sal sorg – vir watookal jy nodig het…

Blessings!

No comments: