Friday 25 November 2011

“I may not be perfect, but Jesus thinks I am worth dying for…” ~ Anonymous

Haloes! :)

“I may not be perfect, but Jesus thinks I am worth dying for…” ~ Anonymous


2 Korintiërs 4:16-18

“Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe… Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Ons oog is nie op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare… Want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare dinge vir altyd…”

Psalm 20:2;5

“Mag die Here, in tye van nood antwoord op jou roepstem… Mag die Naam van die God van Jakob, jou beveilig teen gevaar… Mag die Here jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik… Mag ons juig oor u oorwinning en baniere hys in die Naam van Ons God… Mag die Here al jou gebede verhoor…”

“The more we depend on God, the more dependable we find He is…” ~ Cliff Richard

“If God is your partner, make your plans BIG!” ~ D.L Moody

Hierdie aanhalings en Bybelverse vandag is net vir my INSANE COOL!!!! Hoe lyk jou vooruitsigte vir die res van die jaar / vir die jaar wat kom? Droom jy klein of het jy dalk ophou droom, omdat dit wat jy vir 2011 gedroom het, dalk nie eens gerealiseer het nie? Of het mense jou dalk so verinneweer hierdie afgelope jaar, dat jy nie meer goeie goed vir jouself kan glo nie? Mense kan mens dikwels breek met hulle woorde, of jou laat glo dat jy nie goed genoeg is nie… Iets wat ek al baie keer agtergekom het, is dat mense wat ander mense afbreek / fout vind met hulle persoonlikhede of hoe hulle dinge hanteer, is dikwels SUPER insecure met hulle eie lewe!!! Onthou – die lewe wat God aan jou gegee het, is JOUNE!

Besluite wat jy neem, is JOUNE, en NET jy moet eendag daarvoor verantwoording doen!!! Niemand anders nie… En D.L Moody se aanhaling is iets wat elkeen van ons vir ons lewe moet glo – God IS jou Partner!! Jy hoef Hom nie met besigheidsplanne te koop / te oortuig om deel te word van dit wat jy aanpak nie – Hy het JOU gekies, nog voordat jy eers gebore was! Hy is dus jou partner – deur dik en dun!!! Maak dus jou planne groot – want jy hoef dit nie alleen aan te pak nie! Jy het vir God – ALWAYS AND FOREVER!! Hy gaan jou nie halfpad in die steek laat nie… Moenie dat mense se woorde, jou weerhou om te word wat God jou bestem het om te wees nie!!!  Ek bid dat jy vandag God se liefde, Sy seen en Sy "daar wees" vandag, 150% sal ervaar in jou eie lewe!!

Blessings!

No comments: