Thursday 24 November 2011

“May your troubles always be smaller than your imagination…”

Haloes! :)


“May your troubles always be smaller than your imagination…”

Psalm 56:4-5; 9-10

“Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou… In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; Ek sal nie vrees nie, Wat kan mense aan my doen? U het my ellendes raakgesien. U het my trane opgevang… U het dit opgeskryf in U boek. Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis…”

Psalm 55:23

“Gee jou kommer oor aan die Here… Hy sal vir jou sorg, Hy sal gelowiges nie teleurstel nie…”

“If I had my life to live over, I would perhaps have more actual troubles, but I would have fewer imaginary ones…” ~ Don Herold

“The greatest mistake you can make in life is to be continually fearing you will make one…” ~ Elbert Hubbard, The Notebook, 1927

Ek kon nie anders as om te lag toe ek die foto sien nie… ‘n Vriendin het dit in ‘n forward email vir my gestuur – en die opskrif daarvan was Bear Attack in Churchill, Manitoba, Canada… These are pictures of an actual polar bear attacking a man. The pictures were taken while people watched andcould do nothing to stop the attack! Reports from the local newspaper say that the victim will make a full recovery. The photos are below. Ek het iets heeltemal anders verwag as die volgende…






Dit het my laat dink aan die volgende… Ons raak soms so vasgevang in probleme of dinge wat oor ons pad kom waarmee ons sukkel, dat iets wat eintlik ‘n redelike maklike antwoord / uitweg het, later so groot raak dat jy sukkel om daarmee te cope… Die duiwel is ook listig, en hy weet wat jou bekommerd maak, en hy buit dit absoluut uit! Moenie bekommernisse, worry of stress ‘n houvas op jou lewe gee nie! AL hoe jy dit kan regkry, is om tyd met God te spandeer… Vertel God wat in jou lewe aangaan, en bid oor ALLES…

Wanneer ons bid by ons GROOT God, raak die probleme kleiner en hanteerbaar… Veral hierdie tyd van die jaar kan angs, bekommernis en stress dalk bietjie die oorhand begin kry… Wanneer ‘n mens moeg is, na ‘n harde jaar se werk, verloor mens ook partykeer perspektief, en vergeet ons dat God al heel jaar by ons was… Hy sorg al hierdie hele jaar vir jou! Hy gaan nie nou ophou nie!!! Moenie dat die duiwel nonsens in jou kop prop nie… Jy sal jou werk klaarkry voor Kersfees, God sal voorsien in jou finansies en jou deursien tot volgende jaar, God sal die dinge wat op die oomblik net nie in plek wil val nie, laat uitwerk… Hy sal sorg vir jou wat siek is, jy wat vir behandeling moet gaan, jy wat iemand moet bystaan wat al hierdie genoemde faktore deurmaak… Ek wil weer sê – maak nie saak WAT jou situasie is nie, God is groter!!

Wanneer jy daardie angstigheid gevoel oor jou begin kry, en net oorweldig voel, vat 10 minute, haal diep asem, en BID. Sit by God se voete, en vertel Hom van al die dinge wat jou onderkry… God gaan nie Sy hulp op jou afvorseer nie, want Hy is ‘n gentleman God… Hy wag vir jou, om na Hom terug te kom, en te chat… Hy is, was en sal ALTYD vir jou daar wees!!

Blessings!

No comments: