Wednesday 16 November 2011

“Even if you are on the right track, you will get run over if you just sit there…” ~ Will Rogers

Haloes! :)

“Even if you are on the right track, you will get run over if you just sit there…” ~ Will Rogers


Psalm 46:1

“God is our refuge and strength, an ever present help in trouble…”

Psalm 34:7-9

“Hierdie geringe mens het geroep, en die Here het gehoor… Hy het hom uit al sy benoudheid gered… Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle…”

“History will be kind to me, for I intend to write it…” ~ Winston Churchill


“If you doubt you can accomplish something, then you can’t accomplish it… You have to have confidence in your ability, and then be tough enough to follow through…” ~ Rosalyn Carter

Maak jy geskiedenis op die oomblik deur hoe jy lewe, of is jy net ‘n deel van die geskiedenis? Daar is ‘n verskil… ‘n Klip wat op die grond lê is deel van die geskiedenis, maar iemand wat die moed het om die klip op te tel, en hom uit die pad uit te skuif, MAAK geskiedenis… Klink dalk vir jou na ‘n simpel voorbeeld, maar ek wil dit bietjie verder neem as net dit…

Ons word daagliks, partykeer selfs uurliks! Gekonfronteer met “klippies” in ons skoene, of klippies in ons pad… Klein dingetjies, wat ons daaglikse taak moeilik maak… Klein dingetjies wat ons laat opsien teen die week wat voorlê… Ek het die naweek weer tot die besef gekom, dit voel of ek pas begin skryf het aan 2011, se gedagtekies, en hier trek ons al by middel November! Voor ons, ons oë uitvee is dit weer Kersfees! En die weke teen wat ons so opsien, en waar ons dan maar net deur die “ motions” gaan om dit verby te kry – is eintlik ons lewe wat aan die verbygaan is… Elke dag wat ek nie besluit om impak te maak in iemand se lewe nie, of ‘n dag wat ek besluit om nie ‘n klippie te skuif (uit my pad of iemand anders sin nie), is ‘n dag wat die bladsy van my “legacy” wat ek agterlaat, gaan skoon bly…

Ons kan nie net sit en wag vir dinge om na ons kant toe te kom nie… Ons moet opstaan, en dit gaan haal… Veg vir die dinge wat jy wil hê!!! Soos ‘n trein op ‘n treinspoor nie vorentoe sal beweeg as daar nie ‘n drywer agter die stuur, en olie in sy tenk is nie, so sal ons as Christene nie ‘n impak kan maak sonder die “wil om dit te doen” nie, en ook nie, sonder God nie… Sonder Hom kan NIKS!!! Plaas God in beheer, besluit wat jy wil hê in hierdie lewe, en veg daarvoor!!! God sal voorsien, wanneer Hy sien dat jy veg… Niks in hierdie lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Ons moet partykeer daardie ekstra myl stap om dit te ontvang…

Blessings!

Anel**





No comments: