Tuesday 29 November 2011

“Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds that you plant…” ~ Robert Louis Stevenson

Haloes! :)


“Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds that you plant…” ~ Robert Louis Stevenson

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace… In this world you will have trouble… But take heart! I have overcome the world…”

2 Korintiërs 9:6

“Dus staan die saak so: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes…”

Storietyd vanoggend… Ek het hierdie ontvang via epos, en dit het soveel lewenswaarhede dat ek gevoel het dat ek dit moes deel…

“Daar was lank gelede 'n boer wat wen mielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbou skou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik. Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad 'n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielie verbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantings saad deel met sy bure. "Hoe kan jy dit bekostig om jou mielie saad te deel met jou bure terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie kompetisie?" vra die verslaggewer aan die boer. "Maar meneer," sê die boer "het jy nie geweet? Die wind tel stuifmeel op van die ryp wordende mielie koppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou."

Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie. So is dit ook gesteld met ons lewens. Die wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Die wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal. Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word! Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees! Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.

Spreuke 11:24-25
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Ons is almal deel van die liggaam van Christus… En ons het mekaar nodig om ‘n verskil in hierdie wêreld te maak… God het die mense in jou lewe daar geplaas met ‘n spesifieke doel… Wanneer ons alleen staan in hierdie wêreld is dit maklik dat die wêreld en die wêreld se dinge ons sal breek… Maar as ons as Christene saamstaan om ‘n verskil te maak, saam met God, is daar geen beperking op wat moontlik is nie… God is groter, en magtiger as ENIGE IETS... Wanneer ons ander mense in ag neem, en ander se belange bo ons eie stel, bless God ons gewoonlik uit ons sokkies uit - sonder dat mens dit eers altyd besef... Die klein dingetjies - probeer dit vandag raaksien, en glo vandag dat ALLES saam God moontlik is!! Mag God jou bless uit jou sokkies uit, en mag jy Sy liefde en Sy genade ervaar - in alles wat jy vandag moet face / aanpak…

Blessings!







No comments: