Monday 28 November 2011

"Just when you think it can’t get any worse, it can… An just when you think it can’t get any better, it can…” ~ Nicholas Sparks, The Rescue…

Haloes! :)


"Just when you think it can’t get any worse, it can… An just when you think it can’t get any better, it can…” ~ Nicholas Sparks, The Rescue…

Spreuke 3:5

“Vertrou op die Here met alles wat jy het… Moenie staatmaak op jou eie insigte nie… Vra na die Wil van God in alles wat jy doen… Hy sal die regte pad vir jou wys…”

Josua 1:9

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees… Moenie bang of huiwerig wees nie… Die Here jou God is saam met jou in alles wat jy doen…”

“It’s possible to go on, no matter how impossible it seems, and that in time, the grief…lessens… It may not go away completely, but after a while it is not so overwhelming…” ~ Nicholas Sparks, Dear John

“Without suffering, there’d be no compassion…” ~ Nicholas Sparks, A Walk to Remember…

Maak nie saak hoe sleg dit met jou gaan op die oomblik nie, dis belangrik om te onthou dat daar altyd iemand is met wie dit slegter gaan… Ek weet jy kan dalk dink nou –Anél, as jy maar net geweet het… Vir jou wat nou so gedink het, wil ek vandag voor sê – God is GROTER as seerkry, hartseer, swaarkry, finansies, werk, werkloosheid, stress, moeilike verhoudings –ALLES…

Ek het al baie in my eie lewe beleef – moeilike tye wat ek moes deurmaak, het my gehelp om “compassion” te hê en te kan verstaan wanneer ander mense met dieselfde moeilikhede gekonfronteer word… Jy kan nie 100% verstaan of 100% vir iemand daar wees as jy nie al self daardie “lewenstoetse” moes beleef en moes vasbyt en deurdruk, wanneer al wat jy eintlik wou doen was om tou op te gooi nie… Jy dink dalk nou –“ ja, maar hoekom moet ek deur moeilike tye gaan vir ander mense?? Ek sien net nie die punt vir dit in nie??” Ek en jy is hier op aarde geplaas, om God se Koninkryk te laat kom – daar waar ons onsself daagliks bevind… En om vir ander mense daar te wees, met daardie tikkie “andersheid” – naamlik om werklik compassion te hê, is een van die maniere om God se Koninkryk te laat kom…

Ons, as kinders van God, het SOVEEL beloftes van hoop om aan vas te hou… As die jaar dalk vandag super lank vir jou voel, of as jy dalk in een van daardie situasies is, waar jy eintlik nie meer wil vorentoe gaan nie en net wil opgee – hou net aan… Die stukkie wat vir jou voorlê voor die lig aan die einde van die tonnel aanbreek, is korter as wat jy dink… Hierdie laat my nou aan ‘n aanhaling dink wat ek al gehoor het– wanneer ‘n trein deur ‘n tonnel gaan, spring mens nie af omdat dit donker is en jy nie voor jou kan sien nie – jy sit en jy vertrou dat die treinbestuurder jou anderkant gaan uitkry… Met ons lewe is dit dieselfde… Maak nie saak hoe donker die nag, of hoe lank die pad nie, God sal ons anderkant uitkry… Hy is in beheer van jou lewe, en Hy sal nie terwyl jy halfpad deur die tonnel is, die trein laat ontspoor nie… Hierbo is twee beloftes vir jou om aan vas te hou – God SAL sorg… Vertrou dit vandag… Ek bid dat jy God se grootheid, genade, en absolute seën in jou lewe sal ervaar vandag!

Blessings!



No comments: