Tuesday 22 November 2011

“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Haloes! :)


“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Romeine 12:12

“Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan… Volhard in tye van swaarkry, moenie verslap in gebed nie…”

Markus 5:35-36

“Terwyl Hy nog besig was om met haar te praat, kom daar boodskappers af van Jaïrus se huis af met die boodskap: ‘Jou dogter is dood. Dit sal nie help om die leermeester langer lastig te val nie…’ Jesus het die boodskap egter geïgnoreer en vir Jaïrus gesê: Moet jou nie ontstel nie, vertrou net…”

“Anyone can give up, it’s the easiest thing in the world to do… But to hold it together when everyone else would understand if you fell apart, that’s true strength…” ~ Anonymous

Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough…” ~ Og Mandino quotes

Ek dink as ek Jaïrus was, wat besig was om te pleit by God, en iemand kom met die nuus dat my dogtertjie oorlede, sal ek seker net daar in ‘n hopie gaan sit en huil… Tog was God se woorde – “Moet jou nie ontstel nie, vertrou net…” Hierdie storie het my net weer laat besef – in die wêreld se oë, kan dit dalk “game over” vir jou wees… Dinge kan dalk skeefgeloop het, jy kan teleurstelling / “failure” beleef het, of jy kon jouself dalk net telkemale in doodloopstrate bevind, van dinge wat nie wil uitwerk nie… As dit dalk is hoe jy vanoggend voel – op moedverloor se vlakte, en dat jy net wil opgee – wil ek vir jou sê – hierdie woorde van God aan Jaïrus, is vandag NOGSTEEDS WAAR VIR JOU!!! MOET JOU NIE ONTSTEL NIE, VERTROU NET!!!!!

Soos ‘n plant nie net kan ontstaan nie – daar moet eers ‘n saadjie wees, die saadjie moet in die regte grond geplant word, kos, water en sonlig ontvang om te kan ontkiem, so is dit ook waar vir jou lewe!! Dinge loop soms verkeerd, of werk nie uit soos jy dit sou wou hê nie, maar God sien verder as wat ons kan… Hy is besig om jou lewe te snoei in die tye wat die dinge nie regloop nie, maar Hy is steeds besig om jou te versorg… Hy sal jou nie onbewaak laat nie… Moet jou dus nie ontstel as dinge op die oomblik vir jou bietjie “gagga” voel nie… VERTROU NET!! Jou PAPS is in beheer!! Al is dit ook vir mense ONMOONTLIK, NIKS is vir God onmoontlik nie, Hy’t tot die dood oorwin!!!

Voel ek moet vir jou sê - jou dinge gaan uitwerk, gouer as wat jy dink. Bly net vashou aan God!! :)

Blessings!



No comments: