Sunday 6 November 2011

“FEAR is an acronym in the English language for "False Evidence Appearing Real" - Neale Donald Walsch

Haloes! :)


“FEAR is an acronym in the English language for "False Evidence Appearing Real" - Neale Donald Walsch
Jesaja 30:18

“Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe… Hy wil genade aan julle bewys… Die Here is ‘n God wat regverdig is… Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp…”

Josua 1:5

“Niemand sal teen jou bestand wees nie… Soos wat Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees… Ek sal jou nooit in die steek laat nie… Ek sal jou nooit los nie…”

“Nothing is impossible, You will never fail, God You will make a way…” ~ Hillsong

“Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness, that most frightens us. We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small doesn't serve the world. There's nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We are born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us, it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.” ~ Marianne Williamson quotes

Hierdie aanhaling hierbo is een van my gunsteling aanhalings ooit!!! Ons is KONINKRYKS kinders, en jy hoef vir niemand of niks in hierdie lewe terug te staan nie… ‘n Dominee by my kerk in SA het altyd gesê – ons as Christene, het baie keer die probleem dat ons dink dat omdat ons Christene is, moet ons toelaat dat mense oor ons loop… Dat ons nie moet opstaan vir dit waarin ons glo, of vir wie en wat ons is nie… Ons laat baie keer toe, omdat ons in liefde wil optree, en God se Koninkryk wil laat kom, dat hierdie bostaande aanhaling waar raak in ons lewe… Ons speel klein, en benut nie ons talent wat God aan ons gegee het nie...  God het jou geskape met UNIEKE talente, en baie, baie spesiaal…  Hy wil he dat jy moet "shine" in alles wat jy aanpak! Hy het jou oneindig lief!! WEET dit vandag!!

Ek weet nie of jy dalk opsien teen hierdie week wat vir jou voorlê nie? Miskien is jy dalk by een van daardie taai stukke in jou lewe – wat die uitdagings net van ALLE kante af op jou toesak… Dat jy voel jy moet maar terugstaan, en ophou veg vir dit waarin jy glo… Miskien is daar tans mense wat oor jou loop, of jou laat voel dat jy nie goed genoeg is nie... Miskien is jy bang vir wat hierdie week mag oplewer… Groot eksamens wat voorlê, moeilike situasies by die werk, siekte wat jy moet trotseer, of finansiële moeilikheid waar jy dalk net nie meer weet watter kant toe nie… Ek wil jou die volgende woorde gee – ‘n liedjie wat ons Sondag in die Kerk gesing het, en wat my net weer kom herinner het dat God ons NOOIT, maar NOOIT aan ons eie lot oorlaat nie… “Nothing is impossible, You will never fail, Our God will make a way…” Maak nie saak WATTER onmoontlikhede jy ervaar / “face” op die oomblik nie – God SAL ‘n pad maak – al lyk dit of dit GEENSINS moontlik is nie…

God sal aan jou die krag gee om ENIGE iets wat oor jou pad kom te kan hanteer, en deur Sy genade sal Hy jou help om elke dag met nuwe krag aan te pak… Moenie bang wees vir WATOOKAL die week mag bring nie… FEAR = false evidence appearing real… FEAR, kan nie in ons woordeskat wees nie – want ons God is GROTER as enige FEAR… God het jou ook daardie X-faktor gegee wat die wereld nodig het - gebruik dit :) Moenie terugstaan omdat jy dink jys nie goed genoeg nie... Gee dit wat jou bang maak, sommer nou daar waar jy sit, geheel en al oor, en laat toe dat Hy vir jou sorg die week!!

Blessings :)

No comments: