Thursday 10 November 2011

The first step to getting the things you want out of life is this: Decide what you want. - Ben Stein

Haloes! :)


The first step to getting the things you want out of life is this: Decide what you want. - Ben Stein

Psalm 29:11

“Die Here gee krag aan Sy volk… Die Here seën Sy volk met vrede…”

Isaiah 12:2
“Surely God is my salvation; I will trust and not be afraid. The LORD, the LORD, is my strength and my song; he has become my salvation…"

“Fear of failure must never be a reason not to try something.” ~ Frederick Smith quotes

“Always do what you are afraid to do.” ~ Ralph Waldo Emerson quotes

Ek weet ek het dit al voorheen geskryf, maar ek voel ek moet dit weer sê vanoggend… Doen elke dag 1 iets wat jou bang maak :) Iets wat buite jou “comfort zone” is… Ons raak so vasgevang in die gejaagdheid van ons lewens, dat ons vergeet om ons horisonne te verbreed, dat ons stagneer, en net aanhou hardloop… Ons meng met mense wat ons veilig laat voel, situasies waar ons nie veel van onsself hoef te gee nie… Die lewe tap soveel uit ons uit, dat ons nie meer tyd het vir dinge wat saakmaak nie… Ekt Sondag weer die storie van die barmhartige Samaritaan gehoor… En die vrou wat gepreek het, het vir my ‘n “ander insig” in daardie storie gegee as dit wat ek nog altyd geken het…

Sy’t gesê – die prediker en die Leviet wat verby daardie man geloop het wat langs die pad gelê het, was heel waarskynlik aan die hardloop na hul volgende “verpligting” – om die Koninkryk in HULLE daaglikse lewe te laat kom… Verpligtinge by die kerk, vergaderings, afsprake… Terwyl hulle die geleentheid gehad het om die Koninkryk te laat kom, deur die Jood te help wat aangeval was, en hulpeloos langs die pad gelê het… Hoe baie mis ons nie uit op geleentheid om ‘n verskil te maak, DAAR waar ons is, omdat ons te vasgevang geraak het in ons eie lewens nie? Ons het die “ticklys” van dit wat als gedoen moet word, en sodra iets bietjie uit ONS comfort zone is, of nie in ons schedule inpas nie, het ons nie tyd daarvoor nie…

Om ‘n VOL lewe te hê, ‘n lewe van invloed, ‘n lewe wat ‘n verskil maak, moet ons gaan besluit wat vir ons belangrik is… My broer het nou die dag ‘n groot waarheid kwytgeraak toe ek met hom gesels het… Hy’t gesê – wanneer ons eendag daar by die Hemelse poorte aankom, gaan Jesus nie vir jou vra – waar is Sannie, of Jannie nie? Hy gaan NET geïntereseerd wees in JOU SAAK, en hoe JY gelewe het… Ons moet dus ophou “worry” oor wat die een doen wat langs jou is, en begin fokus op dit wat vir JOU belangrik is, en kyk hoe jy dit kan inkorporeer om ‘n verskil vir die Koninkryk te kan maak… Al wat God van jou vra – is ‘n gewillige hart… Hy sal geleentheid oor jou pad stuur om ‘n verskil te maak – jy moet net bereid wees… Moenie dat “bang wees” of ‘n gebrek aan vertroue in jouself in jou pad staan om impak te maak nie… God het ons ELKE ene op hierdie aardbol geplaas om ‘n verskil te maak… As elkeen van ons, net 1 persoon kan aanraak vandag – weet jy wat se impak ons kan hê?! Moenie bang wees vir die onbekende nie… God stap elke dag saam met jou – om die pad vir jou gelyk te maak, om jou te beskerm vir gevaar wat oor jou pad mag kom, en om jou op te tel, as jy dalk sou val… Jy is NIE ALLEEN nie! Maak nie saak WAT nie!!

blessings!

No comments: