Tuesday 8 November 2011

“If grace is an ocean, we are all sinking…” ~ Jesus Culture

Haloes! :)


“If grace is an ocean, we are all sinking…” ~ Jesus Culture

Lamentations 3:25

“The LORD is good to those whose hope is in him, to the one who seeks him…”

Habakuk 3:19

“Die Here, die Oppermagtige is my krag! Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop…”

GENADE IS `n reusewoord. Amper TE GROOT om te verstaan.

Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. Dit neem die hart wat deur die modder gesleep is na die Hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. Dit maak moedeloses weer mense van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep verlorenes in Ewigheidskinders. Deur genade word `n troostelose toekoms.

Omskep in `n lewe wat uitsien na more. Goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie verwagtinge nie, deel nie reëls uit nie en verwyt nooit nie. Dit sê: Ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. Ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en liefde terwyl jy is wat jy is. Want Ek het gekom om uitgetorringde lappiesmense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemelse Eenheid. God se genade is te groot om te verstaan. Tog is dit waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid saam met Christus gaan. Gelukkig hoef ons nie eers die omvang van God se gee-genade te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoorwaardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid omarm en ons eie maak. ~ Forward email

Genade… As ek dink aan genade, dink ek aan die Kruis… Want dis danksy die Kruis, danksy God se groot liefde en genade vir ons, is ek en jy VRY om elke dag te kan LEWE! Ons het Sondag by die Kerk ‘n preek gehad oor Human trafficking… Hoe ‘n werklikheid dit eintlik is, sonder dat ons dit eers besef! Die vrou wat gepreek het, het vir ons gesê daar is op die oomblik 27 miljoen meisies wat vir human trafficking misbruik word… In die 21e “Century”, is daar steeds soveel mense wat steeds “slawe” is, en dit nadat Jesus ons kom vry maak het deur vir ons te sterf… Sodat ons nooit die pyn en harsteer sal hoef te ervaar wat Hy moes deurmaak nie…

Hierdie opsomming van “genade” hierbo, sluit vir my aan by 1 Korintiërs 13 nl. “Die liefde…” God judge ons nie… Maak nie saak wat ons al gedoen het nie, Hy het ons deur GENADE kom vergewe aan die kruis… Hy het ons kom VRYMAAK dat ons as NUWE mense VOLUIT kan lewe… Toe ek die stories gehoor het van human trafficking het dit my net weer laat besef – al gaan dinge HOE moeilik in jou lewe, al voel dit of NIKS wil uitwerk nie, of jy ‘n klomp legkaartstukkies mis in jou lewe op die oomblik, of as dit dalk voel of die hand kaarte wat vir jou uitgedeel is, totaal en al van geen nut is nie, het ons steeds SOVEEL om voor dankbaar te wees – want ons is VRY! VRYGEKOOP, deur Jesus se bloed… Vry om elke dag te LEWE… God se genade is ELKE dag nuut vir ons… Hy is ELKE dag by jou, en Hy sal jou NOOIT, maar NOOIT los nie… Al sou die berge padgee, en die wêreld vergaan, al laat mense jou in die steek, al verloor jy jou werk, al word jy gediagnoseer met ‘n ongeneeslike siekte – Sy genade is ELKE dag nuut… Hy sal jou DRA, daar waar jy nie meer kan nie, maar Hy sal jou nie los nie… Ek heg die stukkie van “footprints” aan – as jy dalk bietjie bemoediging nodig het, en net weer herinner moet word aan God se liefde, en genade vir jou… Dis vrylik beskikbaar – jy moet net bid, en vertrou!!! Deur vertroue in God, kan ENIGE IETS!!!

Blessings!

One night a man had a dream. He dreamed


he was walking along the beach with the LORD.


Across the sky flashed scenes from his life.


For each scene he noticed two sets of


footprints in the sand: one belonging


to him, and the other to the LORD.






When the last scene of his life flashed before him,


he looked back at the footprints in the sand.

He noticed that many times along the path of


his life there was only one set of footprints.






He also noticed that it happened at the very


lowest and saddest times in his life.






This really bothered him and he


questioned the LORD about it:






"LORD, you said that once I decided to follow


you, you'd walk with me all the way.


But I have noticed that during the most


troublesome times in my life,


there is only one set of footprints.


I don't understand why when


I needed you most you would leave me."






The LORD replied:






"My son, my precious child,


I love you and I would never leave you.


During your times of trial and suffering,


when you see only one set of footprints,


it was then that I carried you."

No comments: