Thursday 17 November 2011

“Never regret… If it’s good, it’s wonderful.If it’s bad, it’s experience…”~ Victoria Holt

Haloes! :)
“Never regret… If it’s good, it’s wonderful. If it’s bad, it’s experience…” ~ Victoria Holt
Fillipense 3:13-14
“Nee, liewe broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker… Ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê… Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Jesus Christus dit vir my verdien het…”
Mark 11:24
“Therefore I tell you, whatever you ask in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”
“By perseverance the snail reached the ark…” ~ Charles Haddon Spurgeon
“Courage is being afraid, but going on anyhow…” ~ Dan Rather
Hierdie aanhaling was vir my te AWESOME vir woorde!! “Never regret… If it’s good, it’s wonderful. If it’s bad, it’s experience…” ~ Victoria Holt… Ek dink dat ons baie maniere het om moeilike tye of slegte dinge wat gebeur te beskryf, maar ondervinding dink ek nie is altyd een van hulle nie! En tog is dit AL wat dit is!!! Ondervinding… Iets wat jy op ‘n sekere manier gedoen het, wat dalk nie uitgewerk het nie, en deur dit op die “verkeerde” manier te gedoen het, leer jy nou daar uit om dit nie weer so te doen nie…
Hoe baie dinge sit en berou jy dalk vanoggend? Goed wat jy wens jy anders aangepak het… Woorde wat jy gesê het wat jy wens jy kan terugtrek? Vriendskappe wat jy verloor het, mense wat jy seergemaak het? Geleenthede waarop jy dalk uitgemis het omdat jy nie ‘n besluit wou neem of ‘n kans wou waag nie? Of een verkeerde besluit wat jy geneem het wat dalk katastrofiese gevolge gehad het?
Vanoggend wil ek vir jou kom sê – Jesus het vir ons gesterf op die Kruis, om vir ons ‘n NUWE begin te verseker! Ons kan vandag tegemoet gaan, met die WETE dat God reeds daar is… Hy is ‘n God van tweede kanse… Jy kan vandag regstel dinge wat voorheen verkeerd gegaan het… Jy kan jammer sê en weer probeer met daardie persoon, terwyl jy nog die kans het!! As mens nog ‘n kans het om situasies te verander –DOEN dit! Moenie wag tot die mense nie meer daar is om te probeer om die verhoudings te herstel nie… Verhoudings is een van die hoof goed waarop ons lewe gebou is… God stuur mense met ‘n spefieke doel oor jou pad, en HY plaas jou in sitausies waar HY jou wil gebruik – laat Hom toe om dit te doen… Vir jou wat dalk totaal alleen voel, en swaar dra aan gedagtes van berou of “regret” – lees hierdie uittreksel van ‘n gospel liedjie hieronder… God het jou nie gelos nie, en Hy sal ook nooit nie… Al doen jy ook WAT! Hy sal jou altyd terugneem, want Hy het jou liewer as wat jy OOIT Sal weet!
“I will fear no evil, for my God is with me, and if my God is with me, whom then shall I fear, whom then shall I fear?”O, no you never let go, through the calm and through the storm, o, no you never let go, in every high and every low, o, no You never let go, Lord you never let go of me…” ~ Liedjie Matt Redman (You never let go)
Blessings!

No comments: