Sunday 3 March 2013

“Obstacles are challenges for winners and excuses for losers” ― M.E Kerr


Haloes! J

“Obstacles are challenges for winners and excuses for losers” ― M.E Kerr

Exodus 2:1-10

“Now a man of the tribe of Levi married a Levite woman,  and she became pregnant and gave birth to a son. When she saw that he was a fine child, she hid him for three months.  But when she could hide him no longer, she got a papyrus basket[a] for him and coated it with tar and pitch. Then she placed the child in it and put it among the reeds along the bank of the Nile.  His sister stood at a distance to see what would happen to him.  Then Pharaoh’s daughter went down to the Nile to bathe, and her attendants were walking along the riverbank. She saw the basket among the reeds and sent her female slave to get it.  She opened it and saw the baby. He was crying, and she felt sorry for him. “This is one of the Hebrew babies,” she said.   Then his sister asked Pharaoh’s daughter, “Shall I go and get one of the Hebrew women to nurse the baby for you?”  “Yes, go,” she answered. So the girl went and got the baby’s mother.  Pharaoh’s daughter said to her, “Take this baby and nurse him for me, and I will pay you.” So the woman took the baby and nursed him. When the child grew older, she took him to Pharaoh’s daughter and he became her son. She named him Moses, saying, “I drew him out of the water.”

“More powerful than the will to win is the courage to begin.” ― Orrin Woodward

“Leaders live by choice, not by accident.” ― Mark Gorman

Die Bybel is vol persone wat God gebruik het om onmenslike groot impak in ander se lewens te hê…  Maar, met elkeen van diegene wat impak gemaak het, kan ons duidelik sien dat hulle storie nie kinderspeletjies was nie…  Dit was maar “shaky” en baie stormwaters wat hulle moes deurmaak, om uiteindelik God se heerlikheid te kon bewys, en om getuienis en ligdraers in die wêreld te wees…  Dit is my onderwerp vir die volgende week of drie…  Mense in die Bybel wat vandag steeds vir ons ‘n inspirasie kan wees…

Wanneer ons realisties kyk na die storie van Moses, het hy eintlik nie ‘n kans gehad nie – nog voordat hy gebore is!  Die Farao het elke baba seuntjie laat doodmaak, nog voordat hulle behoorlik die lig gesien het…  God het egter groter planne vir Moses gehad as wat enige iemand op daardie stadium besef het!  God openbaar aan Moses se ma, HOE sy haar seun kon red…  En terselfdetyd gee hy die Farao se dogter ‘n sagte hart, en laat haar, haarself ontferm oor Moses…  So van geen kans, tot die beste kans in ‘n kwessie van 0 tot 3 maande!  M.E. Kerr se aanhaling is vir my ‘n HUGE waarheid…  Baie keer is ‘n uitdaging vir ons ‘n verskoning om op te hou probeer…  As Moses se ma net opgegee en oorgegee het aan Farao – wie sou die Israeliete uit Egipte gelei het?  God het aan Moses se ma die WIL gegee om te veg vir wat reg is!  Om nie vas te kyk in die uitdagings wat sy in die gesig gestaar het nie, maar om op te kyk in die Helpende Hand wat God na haar uitgesteek het…  Hy was getrou – soos altyd, en het gesorg vir ‘n wonderwerk – omdat sy Hom daarvoor vertrou het…  Hoe lyk jou situasie vanoggend?  Is jou hand in God s’n, of is die wêreld besig om jou te wen met uitdagings wat soos berge voor jou lê?  Bly die deurbrake jou ontwyk?  Hou jy aan met bid, maar dit voel asof jy in ‘n muur vasbid?  Is slegte dinge aan die orde van die dag?  Siekte, onsekerheid in jou werksomstandighede, verhoudings, moeilike uitdagings by die skool?  Laat Moses se ma vandag vir ons ‘n inspirasie wees…  Al sê die wêreld “dis ‘n onoorwinbare saak” – weet ons dat ons ‘n God dien wat spesialiseer in onmoontlike, onoorwinbare en menslik gesproke ondenkbare situasies…  Hy het ‘n baba laat oorleef, in ‘n biesiemandjie terwyl die Farao besig was om baba’s uit te wis…  Hy het Moses se situasie as boublok gebruik vir dit wat vir hom voorgelê het…  Daar waar jy jouself vandag bevind, is ‘n boublok in die proses om jou te kry waar God jou wil en GAAN gebruik…  Moenie dat uitdagings vir jou ‘n verskoning raak om nie te probeer nie – laat dit jou inspireer om daarvoor te gaan met ALLES wat in jou is!  God is aan jou Sy en sal jou dra, daar waar jy nie meer kan nie!

Blessings!

Anelli**

No comments: