Haloes! ;)
"Your day will go the way the corner of your mouth turn..." - Unknown
Proverbs 15:13
"A happy heart makes the face cheerful, but heartache crushes the spirit..."
Psalm 118:24
"This is the day the LORD has made; let us rejoice and be glad in it..."
"The best way to cheer yourself up is to try to cheer somebody else up." --Mark Twain
"We tend to forget that happiness doesn't come as a result of getting something we don't have, but rather of recognizing and appreciating what we do have." -- Frederick Keonig
Dit was vir my 'n baie refreshing en waar gedagte - jou dag sal gaan na die kant toe wat jou mondhoeke wys... En hoe waar is dit nie?? Wanneer jy 'n dag met 'n positiewe ingestelheid tegemoet gaan, en die klein jakkalsies van die dag met 'n glimlag tegemoet loop, hanteer jy moeilikheid baie makliker as wat jy dit met 'n teneergedrukte ingesteldheid tegemoet loop... Ek dink dat ons baie keer so gefokus raak op ons eie probleme, uitdagings wat ons face en moeilike tye wat ons deurmaak dat ons vergeet dat ALMAL op hierdie aardbol een of ander "battle fight"...
Ek het 'n storie gehoor van iemand ('n huishulp) wat R500 moes betaal vir blyplek by mense, waar sy op die grond moes slaap... Die mense het haar later gedruk om nog meer geld te betaal, om die krag vir die huis ook te dek... Lang storie kort, die persoon het haar nie laat onderkry deur moeilike omstandighede nie... Sy het steeds ELKE dag opgedaag vir werk, met 'n glimlag op haar gesig en met haar positiewe ingesteldheid haar dagtaak verrig... Die storie was vir my 'n voorbeeld van iemand wat haar werk doen, soos vir God en nie vir mense nie... Wat steeds 'n ligstaal is, alhoewel haar omstandighede kon maak dat sy met negatiwiteit gevul kon wees... Wat besef dat haar werk 'n geskenk van God is, een waarvoor sy moet dankbaar wees... Ons dae is sommer sleg as klein goedjies gebeur soos mense wat voor ons inry in die verkeer, mense wat jou iets slegs toesnou, jou koffie wat koud is of as jou alarm te laat afgaan... Ons het soveel dinge om voor dankbaar te wees... Kos om te eet en 'n warm bed om in te slaap... Baie van ons het 'n werk - al is dit nie elke dag maanskyn en rose nie... Ons het mense in ons lewe wat vir ons liefhet, wat vir ons daar is, en wat saam met ons deur diep water sal loop... Partykeer is ons so gefokus op alles wat ons nie het nie, dat ons dit wat ons wel het, miskyk... Se dankie vandag vir die klein goedjies, en God sal sorg vir die groot goed om in plek te val...
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment