Friday 8 March 2013

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie ten Boom


haloes! J

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie ten Boom

James 1:12

"Blessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love Him..."

Psalm 69:33

"Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees, die wat by God hulp soek, sal moed skep..."

"Die 25 jaar se wag was nodig om Sara en Abraham te laat verstaan dat God se trou nie verwar mag word met menslike deursettingsvermoë of volharding nie,  Daarom moes Abraham en Sara so lank wag - tot hulle moed opgegee het, totdat dit menslik gesproke te laat was.  Toe gebeur die wonder.  Daaruit moet ons almal leer dat God se trou 'n realiteit buite onsself is.  Dis 'n wesenskenmerk van God; dis die radikale krag waarmee Hy telkens weer ons barre, uitsiglose wêreld oopbreek en aan ons bestaan nuwe hoop kom gee..."  ¬ Uit: Woord teen die lig

“Love cannot live where there is no trust.” ― Edith Hamilton, Mythology

Abraham en Sara is vir ons 'n UITSTEKENDE voorbeeld van VERTROU op God...  Ek dink dat as ek of jy Sara moes wees, sou ons ook baie maklik moed opgegee het om kinders te kon hê…  Want ons sou na die harde feite gekyk het…  Ons sou geweet het van die komplikasies wat kan ontstaan om kinders te hê as jy te oud is…  Nie net fisies nie, maar ook emosionele beperkinge – want sal jy genoeg energie hê om kind groot te maak?  Toe ek hieroor gedink het, het ek besef – ons sien onmiddellik die “probleme” raak…  Ons claim dat ons “realisties” kyk na situasies, maar eintlik kyk ons met MENSLIKE oë na situasies…   Eerder om op God te vertrou, en met oë van hoop, oë van moontlikheid, oë van wonderwerke na situasies te kyk…  Want elke onmoontlike situasie, is ‘n geleentheid om God se wonderke te sien en te beleef!  Abraham en Sara is vir ons ‘n getuienis van HOOP op God, wanneer die situasie eintlik menslik gesproke, heeltemal hopeloos was :)  God is 'n MEESTER om HOOP te kom gee, daar waar daar geen hoop meer is nie...  Our God, WORKS in mysterious ways :)  Net wanneer dit dalk vir jou mag lyk soos ‘n doodloop, sal God jou op die skouer klop en fluister – kyk regs, en uit die niet mag daar dinge in plek val sodat jy met jou reis kan voortgaan – op gelyke grond…  Daar waar daar dalk net “veld” in jou vooruitsig was, kan God vir jou ‘n pad maak…  Een wat besaai is met blomme van seën…  Maak nie saak WAT jy vandag moet face nie, God wil vir jou vandag nuwe hoop kom gee...  VERTROU dat God uitkoms sal bring...  Antwoorde op al jou vrae of bekommernisse…  Al is dit menslik gesproke ONMOONTLIK – as God vir Abraham en sy vrou op hulle ou dag kon kinders gee, is daar werklik geen beperking op wat Hy vir jou kan doen nie...  Dis juis wanneer die dinge op hul onmoontlikste lyk, waar God op Sy beste is.  Gee jou Pa die geleentheid om jou te help en vir jou te sorg...  Vertrou op jou Rots.  Al gee die wêreld rondom jou pad - God sal jou voete STEWIG laat staan...

Geniet jou Vrydag J

blessings!

anelli**

No comments: