Thursday 14 March 2013

"Om vir ander in gebed in te tree, is liefde op sy knieë..." ~ Harry Emerson Fosdick


Haloes! :)

"Om vir ander in gebed in te tree, is liefde op sy knieë..." ~ Harry Emerson Fosdick

Fillipense 1:3-4

"Ek dank God elke keer as ek aan julle dink... In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal..."

Matteus 18:19

"As twee van julle op aarde oor enige iets saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die Hemel is, hulle dit laat kry, want daar waar twee of drie in my Naam saam is , daar is Ek by hulle..."

"Daar is niks wat ons so lief vir iemand maak as wanneer ons vir hom bid nie..." ~ William Law

"Liefde en gebed gaan natuurlik saam... Bid vir jou geliefdes dat God hulle vandag sal seën... Bid dat wanneer geleenthede opduik om jou liefde aan hulle te betoon, jy hulle sal raaksien en vinnig daarop sal reageer..." ~ Stormie Omartian

‘n Eienskap wat baie van ons besit is TROTS… Never except defeat, never show weakness… Ek onthou toe ek in Standerd 3 (graad 5) was, het ons jaargroep se meisies deur so ‘n fase gegaan waar baklei aan die orde van die dag was. Vriendinne was sommer net bakleierig, katterig of erg jaloers op mekaar – 99% van die tyd sonder rede. Ek en twee vriendinne het toe een dag gekuier, dit was net voor die skool begin het vir ons Standerd 4 jaar na die Desember vakansie, en ons besluit toe dat ons ‘n gebedsgroep sou begin. Ons het ywerig begin briefies maak vir enige iemand wat sou wou join – die “Immanuel gebedsbende” het een tweede pouse in ‘n week bymekaargekom om te bid. Te bid vir mekaar, vir die skool, ons geliefdes – enige iets… Ek dink dit was een van my beste jare op skool. Ons het as vriendinne mekaar beter begin verstaan, en ons het impak gemaak terwyl ons saam gebid het… Die bakleiery was basies iets van die verlede en ons vriendskappe was sterker en dieper.

Wat ek met hierdie getuienis uit my lewe vir jou wil illustreer, is dat wanneer God in beheer is, val die dinge in plek. Wanneer daar 2 of meer saam is in God se Naam, is Hy daar, antwoord Hy gebede, en verander Hy lewens. Hy maak aartsvyande se harte sag wanneer daar vir mekaar gebid word, en Hy vul dit met liefde… Partykeer wanneer ons, onsself in doodloopstrate bevind, of tye van storms ons oorweldig en as dinge net ONMOONTLIK gaan, raak dit so dat ons partykeer nie die woorde kan vind om te bid nie. Soos ek al voorheen geskryf het, tree die Heilige Gees vir ons in hierdie tye in. Ons gebedsvriende kan egter ook in hierdie tye vir ons opdra. Ons moet net die “boldness” hê om mekaar genoeg te vertrou om saam te kan bid.

‘n Gebedspartner, is iemand wat jy ten volle kan vertrou. Soos dokter / pasiënt konfidensialiteit, so moet dit tussen twee gebedspartners wees. As jy nog nie iemand in jou lewe het wat saam met jou kan bid nie – BID tot God dat Hy daardie iemand oor jou pad sal stuur – want as jy vra, SAL God voorsien. Gebed saam met mekaar is iets wat huwelike kan herstel, siekte genees, verhoudings laat groei, vriendskappe kan verinnig… Daar is GEEN beperking op dit wat God deur ons gebede kan doen nie… Vir Hom is ALLES moontlik! Al het jy moed opgegee met sekere mense in jou lewe – bid vir hulle. Al voel jy dalk magteloos omdat jy nie vir ‘n vriend of ‘n vriendin daar kan wees of iets kan doen ten opsigte van wat hulle op die oomblik moet deurmaak nie, bid net vir hulle… Stel God in beheer deur jou gebede, en moenie langer self aan die laste dra nie… God kan enige situasie omswaai…

Mag jy ‘n PRAGTIGE daggie hê!
 
blessings!

No comments: