Tuesday 26 March 2013

"Some lessons are best learned through pain... Sometimes our visions only become clear after our eyes are washed with tears, sometimes we have to be broken so we can be whole again... If God meant the day to be perfect, He would not have created tomorrow... - Unknown

Haloes! :)

"Some lessons are best learned through pain...  Sometimes our visions only become clear after our eyes are washed with tears, sometimes we have to be broken so we can be whole again...  If God meant the day to be perfect, He would not have created tomorrow... - Unknown

 Deuteronomy 31:8  

"The LORD himself goes before you and will be with you; he will never leave you nor forsake you. Do not be afraid; do not be discouraged..."

Nahum 1:7 

"The LORD is good, a refuge in times of trouble. He cares for those who trust in him..."

“It's time to start living the life you've imagined...” ― Henry James

 

Mense wat die Argus ry, is altyd vir my 'n inspirasie...  Want, in die Kaap, is jy gewoonlik gewaarborg van 'n stormsterk wind daardie tyd van die jaar...  My broer het my die naweek vertel van 'n blinde ou wat hierdie jaar die Argus gery het en klaargemaak het, op 'n tandem fiets... Ekt bietjie gaan google en gesien dat 'n blinde vrou in 2012 ook deelgeneem het op tandem, terwyl 'n parapleeg deelgeneem het in 2013 aan die Cape Epic fietstoer...  Hierdie is vir my 'n absolute inspirasie!! Mense wat nie toelaat dat iets wat as'n weakness gesien kan word, in hul pad staan om deurbrake te beleef of om hul drome na te jaag nie...

Dink gou, as jy Suikerbossie se bult (baie, baie styl pad vir die wat dit nie ken nie) moet uit met 'n fiets, terwyl jy glad nie 'n fietsryer is nie, sal baie moeilik wees...  Nou dink daaraan - as jy blind moet wees, is jy aangewese op die stem van jou mede-fietser om die bo-punt van die "berg" te bereik... Hy sal vir jou verduidelik hoe lank die pad nog is, en dat jy alles moet insit om te trap...  Die blinde persoon sal dus so gefokus moet wees op sy spanmaat se stem, dat hy nie oorweldig word deur die grootheid van die uitdaging nie ;). Ons lewens is 'n toonbeeld van hierdie...  Ons kyk vas in die deurmekaargeit van 'n situasie...  Ons sien al die onmoontlike en onoorkombare uitdagings, dat ons verswelg raak in die lewe se gejaagdheid dat ons ophou om te luister vir God se stem... En ons vergeet dat God elke dag saam met ons stap... Ons vergeet dat God net 'n gebed ver is en dat Hy ons sal deurpraat en deurdra, maak nie saak waarmee ons gekonfronteer word nie...  Wanneer daardie bult van uitdagings jou weer oorweldig met sy grootheid, maak net daar jou oe toe, en plaas jou fokus op God...  Hy sal jou voorsien van die krag wat jy nodig het om die "race" met volharding klaar te maak...  Hy glo in JOU, selfs al glo jy nie elke dag in jouself nie...  God is daar - in die langste dag en in die donkerste nag...  Laat Sy stem jou vandag lei, in ALLES wat jy aanpak...  Hy is in beheer, en Hy sal sorg vir jou!

Blessings!

Anelli**

No comments: