Wednesday 27 March 2013

The resurrection gives my life meaning and direction and the opportunity to start over no matter what my circumstances. ~ Robert Flatt

Haloes! J

The resurrection gives my life meaning and direction and the opportunity to start over no matter what my circumstances.  ~ Robert Flatt
 
John 3:16-17

“For God so loved the world that he gave his one and only Son, that whoever believes in him shall not perish but have eternal life.  For God did not send his Son into the world to condemn the world, but to save the world through him…”

1 Peter 1:3

 Praise be to the God and Father of our Lord Jesus Christ! In his great mercy he has given us new birth into a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead...

"Jesus cannot forget us; we have been graven on the palms of his hands." ~ Lois Picillo
 
“Easter says you can put truth in a grave, but it won't stay there...” ~ Clarence W. Hall

Wanneer ons paaseiers vir kleintjies wegsteek is hulle super opgewonde oor die uitdaging om dit te soek, en die blydskap is oorweldigend wanneer hulle dit gekry het!  Kleintjies is vir ons ‘n voorbeeld hierin, want hulle sal nie ophou soek, totdat hulle elke paaseier gevind het nie...  En hulle sal smul aan elke eier, asof dit die eerste ene was wat hulle ontvang...  Soos paaseiers nie weggesteek sal bly nie, is dit soos Jesus (wat die waarheid en die lewe is) wat nie in die graf gebly het nie...  Die mens het Hom probeer begrawe, maar soos die waarheid, het Jesus geseëvier...  Die aanhaling van Robert Flatt is vir my pragtig...  Ons het die geleentheid om ENIGE dag oor te begin…  Jesus het met Sy kruisdood vir ons ‘n “clean slate” kom gee…  Die spykermerke wat in Jesus se hande gemaak is, verteenwoordig elkeen van ons, wat vir Jesus aanvaar het as ons God en saligmaker…  Ons name is as’t ware gegraveer in Sy hande...  Ons kan nie anders as om spesiaal te voel nie, want DIT is HOE lief God ons het...  Dink aan portrette wat jy ophang deur spykers in die muur te slaan...  Wanneer jy die portret afhaal en die spykers uit die muur trek, is daar net ‘n gat wat oorbly...  Daardie gat in Jesus se hande, spel my en jou name...  Ons name is ook in die Familieboek van die lewe opgeskryf... 

Jesus het 2000+ jaar gelede vir jou en my uitgekies!  Sonder dat ons iets verdien het, en sonder dat ons waardig was om dit te verdien...  Hy het vir ons bewys wat ware liefde is...  Deur Sy genade, is ons vry om die LEWE in oorvloed te kan hê...  Ons ontvang elke dag skatte uit Sy hand - nie omdat ons so great is nie, maar omdat Sy genade so groot is, en Hy ons so oneindig lief het...  Die keuse om by Jesus op te eindig en vir ons name om in die Boek van die Lewe te bly, is ‘n keuse wat ons elkeen moet maak...  Jesus kan die name uitvee uit die Lewensboek as jy teen Hom kies... Hy gaan jou nie forseer om Sy geskenk aan jou – naamlik die LEWE – te kies nie...  Die keuse is joune...  Hy het jou oneindig lief en Hy het jou gekies...  Onthou dit!  As jy dink aan ontmoontlikhede wat jy in die gesig staar op die oomblik en jy nie meer weet watter kant toe nie - jou antwoord is die KRUIS.  Lê alles neer by Jesus se voete...  Dis een van die grootste wonderwerke wat gebeur het...  Jesus het vir my en jou gesterf - maar Hy het nie in die graf gebly nie - Hy het opgestaan...  As God DIT kon doen, kan Hy enige iets in jou lewe vermag...  Ons moet Hom net genoeg daarvoor en daarmee vertrou... (LET GO AND LET GOD) PRYS GOD vir Sy grootheid en wonderwerke!

Geseënde Paasfees vir jou!  Mag God vir jou opnuut die boodskap van Paasfees openbaar van naasteliefde en oneindige genade, en mag jy strome van seën ervaar...  Koester die Familietyd!  Die lewe is kort, so geniet elke oomblik wat jy saam met geliefdes geskenk is!  Veilig reis as jy op die paaie gaan wees!  JY is super kosbaar!!!

No comments: