Monday 18 March 2013

"Be thankful for what you have; you'll end up having more... If you concentrate on what you don't have, you will never, ever have enough..." ~ Oprah Winfrey


Haloes! J

 

“Be thankful for what you have; you'll end up having more. If you concentrate on what you don't have, you will never, ever have enough” ― Oprah Winfrey

 

Psalm 107:1

 

“Oh give thanks to the Lord, for he is good, for his steadfast love endures forever!”

 

1 Thessalonians 5:18

 

“Give thanks in all circumstances; for this is the will of God in Christ Jesus for you…”

 

One of the main reasons that we lose our enthusiasm in life is because we become ungrateful..we let what was once a miracle become common to us. We get so accustomed to his goodness it becomes a routine..”  ― Joel Osteen

 

“We would worry less if we praised more. Thanksgiving is the enemy of discontent and dissatisfaction.” ― Harry A. Ironside

 

Ek het vanoggend vir jou ’n storie aangeheg wat my net weer opnuut laat besef het, ons kla met die witbrood onder die arm…  Dit lyk dalk lank, maar ek belowe jou dit sal jou seën vandag!   Ons kla oor ons werk wat so sleg is, maar ons vergeet  om dankbaar te wees dat ons ’n werk het…  Ons kla oor die swak kwaliteit kos in die winkels / swak diens wat ons in die restaurant ontvang, maar ons vergeet om dankbaar te wees dat ons wel kos het om te eet, of vir die geleentheid het om na ’n restaurant toe te kan gaan…  Ons kla oor hoe ons lyk, ons is krities oor ons gewig, maar ons vergeet om dankie te sê vir ons gesondheid…    Ons kla oor die uitdagings wat die dag van môre bring, maar ons vergeet om dankie te sê dat God ons vir nog ’n dag gespaar het…  Ek probeer jou nie vanoggend op ‘n “guilt trip” sit nie, want om te kla oor dinge waarvoor ons eintlik moet dankbaar wees is goed waaraan elkeen van ons somtyds skuldig is… 

 

Dit het net vandag op my hart gedruk dat ons moet dankie sê vir elke minuut wat God aan ons skenk…  Dankie sê vir werk, vir vriende, familie, vir spesiale tye, vir kos om te eet, vir gesondheid, vir klere om aan te trek en ’n huis om in te bly…  Vir geleenthede wat oor ons paaie kom – al lyk dit somtyds soos “werk”, en al verg dit dat ons langer moet probeer en aanhou as wat ons sou hoop…  God het met ALLES wat gebeur ’n groter plan in gedagte…  Somtyds moet mens net bietjie tot stilstand kom en weer die groter prentjie sien…  Weer herinner word aan die dinge wat saakmaak, en dinge wat eintlik onbenullighede is – dinge wat nie ewigheidswaarde het nie…  Plaas jou hand in God s’n en sê vandag DANKIE vir alles wat jy misgekyk het die afgelope tyd…  Oprah se aanhaling slaan die spyker op die kop – as jy heeltyd gaan fokus op alles wat verkeerd is, of dinge wat jy nie het nie, gaan jy nooit genoeg hê nie, en altyd ongelukkig wees…   Wees dankbaar en getrou in die klein dinge – God sal sorg vir die groot goed!  Wees ’n inspirasie van ander, en laat jou lewe ’n getuienis van dankbaarheid wees!  En maak ’n verskil in die mense wat minder bevoorreg is as jy!  God sal sorg vir die geleentheid – al wat Hy vra is ’n bereidwillige hart…

 

Blessings!

 

Anelli**

 

Die Besembestuurder.

 

'n Ware storie daar vanuit Bethlehem , Vrystaat, se wêreld...  Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank my Hemelse Vader vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek SY vrede en vreugde ervaar.  Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met ’n koppie Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. 'n Ander persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met ’n pakkie  vleis en al kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit 'n stryd is om te lewe.  Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister...

Dit is nou 18:00, en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het.  Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood en 'n ander oor 'n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager se dinges wil opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak moet word en dit kos R 80-00 wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie geld nie.  Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense  kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon sien en ervaar wat ek vroegoggend gesien het - ek wonder waaroor hulle dan sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang  my oog 'n ou kleurling  wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Die ou  krap tussen die sakke en ek hou hom dop. Hy krap iets uit, ruik daaraan, hap en sluk sonder om te kou.

 

Ek stap nader na hom. Môre, groet ek. Wat is jou naam?  My naam is Abraham my lanie, antwoord hy.  Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?  Ek is honger my lanie.  Maar ou Abraham, die goed is vrot. Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my 'n ietsie afgegooi nie, maskien Hy is kwaad vir my. Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie? Ek het my lanie, maar daardie man, (en hy wys na die biltong eter,)  hy het my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek!  Hoe oud is jy Abraham?  78 my lanie. Waar bly jy Abraham?  Daar bo teen die berg. (Dis 8 km).  En jou mense, ou Abraham?  Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit die huis kom nie.  Kry jy oume ns p ension, Abraham?  Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar! Abraham se broek is nie meer 'n broek nie - sy skoene het nie sole nie en daar is iets aan sy lyf wat dalk lank terug 'n hemp kon gewees het. Ek vra in my binneste 'Here, wat nou?' maar ek kry geen antwoord nie, ek

hoor niks.  Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.   Ja my lanie.  Die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al probeer om naby hom t e sien . Die vullis wa trek in om die vullis te  verwyder, en die manne verskreeu ou Abraham.  Waarnatoe gaan jy nou, ou Abraham? Ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie - ek het klaar 'n kannetjie vir die water.

Ou Abraham het 'n glimlag om sy geplooide mond.  As my lanie wil kan ek 'n besem bestuur en die plek mooi skoon vee vir 'n stukkie brood. Ek dink by myself: 'Is dit nou U HERE wat deur Abraham praat?'  Ou Abraham, is jy seker jy het 'n liksens om die besem te bestuur?  Ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het.  Dis goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die HERE jou 'n groot werk gegee - jy is van vandag af die 'General Manager' van

die besems; jy is die Baas van die besems; hierdie besems gaan vir jou  koffie gee in die plek van water. 'n Manager moet ook mooi skoon aantrek en 'n geldjie hê vir die ou vrou by die huis. Ek sien jy is 'n man wat vir ons nog baie in die toekoms gaan leer oor die lewe, ou Abraham. Kan ek elke dag inkom my lanie?  Ja Abraham, want Vrydae kry die Besem Managers 'n lekker Wimpy ontbyt en Besem Managers werk net van 8 - 11, want Besem Managers het tyd nodig vir hulle siek vrouens.

Is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het 'n ander plan gahad vadag  en ampor dink ek Hy het my en die ou vrou gavageet. Jammer Jere omdat ou Abraham nie reg vastaan het nie.  Ek is die Here my God vandag so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla nie, iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat nie oor koue hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy  ou Abraham nie vergeet het nie. Doen my, jouself en ander ' n guns – en probeer net een dag niks kla nie, want ou Abraham was vandag vir my so 'n groot inspirasie. 'n 78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf  wat nog steeds glimlag!!!!!!!!!!   En ek sê met trots - vandag het ek 'n waardige, my beste ooit, besembestuurder gekry!  Die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk, kyk ek na my besembestuurder en ek weet - ek het mos niks om oor te kla nie...  May God give you...For every storm, a rainbow, For every tear, a smile, For every care, a promise,  And a blessing in each trial.  For every problem life sends, A faithful friend to share,  For every sigh, a sweet song, And an answer for each prayer.

No comments: