Sunday 24 March 2013

“Life is the toughest school… You never know what class you are in, what exam you will have next and you can’t cheat, because nobody else has the same question paper…” ~ the Notebook of life


Haloes! J

“Life is the toughest school…  You never know what class you are in, what exam you will have next and you can’t cheat, because nobody else has the same question paper…”  ~ the Notebook of life

Deuteronomy 7:9

 “Know therefore that the LORD your God is God; he is the faithful God, keeping his covenant of love to a thousand generations of those who love him and keep his commandments…”

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him who have been called according to his purpose…”

 “If you believe in yourself anything is possible…” ~ Miley Cyrus

“Follow your dreams, believe in yourself and don't give up…” ~Rachel Corrie

 Hierdie onderwerp aanhaling was vir my PRICELESS en het my regtig aan die dink gesit…  Jy kan al die geleerdheid in die wêreld hê, al die algemene kennis moontlik probeer opdoen deur soveel moontlike boeke, koerante en artikels te lees, maar niks van hierdie goed sal jou kan voorberei teen die “leerskool wat DIE LEWE” wat daagliks plaasvind nie…  Dis iets waarvoor ons voorberei word, terwyl ons dit lewe…  Ons bou karakter, leer om dinge te hanteer en om uitdagings te oorkom, terwyl ons daarmee gekonfronteer word…  Ons kan nie ure insit en “swot” vir die moontlike uitdagings wat daagliks oor ons pad kom nie…  Want soos die aanhaling in “the Notebook of life” tereg sê – nie een van ons sal OOIT dieselfde vraestel ontvang nie…  Elkeen van ons is anders…  Vir elkeen van ons het God ‘n ANDER plan, en ‘n ANDER storie…  Soren Kierkegaard het gesê:  "Life can only be understood backwards; but it must be lived forwards."   

Dis iets wat ons kan bangmaak, maar ook iets waar ons kan rus in die wete – God is die outeur van elkeen van ons se lewens…  En OMDAT ons Sy kinders is, WIL Hy ELKEEN van ons seën met GOEIE goed in ons lewens…  Die “vraestel” wat jy dalk tans moet skryf, mag dalk ‘n moeilike ene wees…   Daar kan dalk uitdagings so groot wees, dat jy dalk nie mag weet hoe om dit te “face” of watter besluit om te neem vir die deurmekaargeid om net in plek te val nie…  Jou vraestel mag dalk tans een wees waarvoor jy nie al die antwoorde het nie…  Maar jy kan rus in die wete – die Eksamineerder, is jou Hemelse Pa…  Een wat jou so lief het, dat Hy selfs AL die hare op jou kop al getel het groter is as ENIGE uitdaging wat moontlik oor jou pad mag kom…  Jou Hemelse Pa, het AL die antwoorde vir die vrae waarmee jy worstel…  Hy weet die antwoorde van die besluite wat jy moet neem…  Hy weet ook ELKE liewe uitdaging wat jy hierdie week sal moet “face”…  En jy kan ten volle rus in die wete, dat Jeremia 29:11 waar sal wees vir jou lewe…  God beplan GOEIE goed vir jou – kind van God!  Goed om jou te seën en HOOP te gee vir ELKE liewe dag van jou toekoms…  Hy sal al die antwoorde op die moeilike vrae, tye en omstandighede vir jou gee, wanneer jy tyd met Hom spandeer…  Wanneer jy Hom ten volle vertrou en in beheer stel van die situasie – SAL Hy sorg vir uitkoms…  Moenie hierdie week alleen tegemoet probeer gaan nie…  Vat Jesus se hand, Hy SAL sorg vir jou…
 
Mag jy ‘n pragtige week hê!

Blessings!

Anelli**

No comments: