Thursday 28 February 2013

“The expert in anything, was once a beginner…” ~ Trendenterprises.com


Haloes! J

“The expert in anything, was once a beginner…” ~ Trendenterprises.com

Psalm 107:28-30

Then they cried to the LORD in their trouble, and he delivered them from their distress. He made the storm be still, and the waves of the sea were hushed. Then they were glad that the waters were quiet, and he brought them to their desired haven

John 14:13-14

“Whatever you ask in my name, this I will do, that the Father may be glorified in the Son. If you ask me anything in my name, I will do it…”

“If you feel like there's something out there that you're supposed to be doing, if you have a passion for it, then stop wishing and just do it…”  ~ Wanda Sykes

“If you don't like the way the world is, you change it. You have an obligation to change it. You just do it one step at a time…” ~ Marian Wright Edelman

Dag 5:  Hou op om te beplan en daaroor te dink, just do it!

Daar is twee dominante tipe persoonlikhede op hierdie aardbol…  Daar is die beplanners (en somtyds oor-denkers), en dan is daar die doeners…  Ek dink ek is ‘n grensgeval… J  Met sommige goed, hou ek daarvan om te beplan en alle moontlike uitkomste te oorweeg, en ‘n struktuur in plek te hê…  Maar met ander goed – soos bv vakansie hou – is dit vir my baie lekker om net geen plan te hê nie, en om die dae te vat soos dit kom…  As mens ‘n te – gestruktureerde plan het, mis jy baie keer op klein “onbeplande” dinge uit!  Maar deur ‘n beplanner te wees – kan dit ons so besig hou, dat ons vergeet om tot aksie oor te gaan J  Dit kan ook deur ‘n aantal faktore aangehelp word…  Die grootste faktor is gewoonlik die “wat as” siekte…  Wat as ek probeer, en ek maak dit nie?  Of wat as, dit nie eintlik God se plan vir my lewe is nie?  Of Wat as ek dit doen, en dit werk, en my hele lewe dan verander??

Dis maar enkele van die vrae wat ons vra wanneer ons, ons drome wil najaag…  Brian Huston van Hillsong kerk het gesê dat God vir ELKEEN van ons ‘n ongelooflike plan het vir ons lewe…  Hy het dit so gestel:  “There is the life that we live, and the life which God intends for us…  Sometimes there is a gap between the two…”   Ons droom partykeer groot vir ons lewe, maar dan skop twyfel net so vinnig soos daardie droom in…  Ons twyfel in ons vermoëns…  In ons hulpbronne…  In ons omstandighede, of in ons geleenthede…  As God daardie droom in jou hart gesit het, en wanneer jy die bevestigings gekry het van wat jy moet doen, SAL HY JOU NIE TELEURSTEL NIE!!!!  God het vir die Israeliete ‘n pad deur die Rooi see gemaak…  Hulle het daar deurgeloop, sonder dat hulle voete nat geraak het – so God is MAGTIG om ENIGE IETS VIR ONS MOONTLIK TE MAAK…  Ons moet net die GELOOF in Hom hê dat Hy sal sorg!  James 1:2-6 is vir my ‘n pragtige opsomming van dit wat ons moet leef – elke dag:  Consider it pure joy, my brothers and sisters,[a] whenever you face trials of many kinds,  because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.  If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.  But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.

Bid – maar sorg dat jy nie te bang is om tot aksie oor te gaan wanneer God antwoord nie!  God sal jou nie alleen laat om uitdagings kaf te draf nie – Hy is met ELKE TREE wat jy gee, aan jou sy…  Soos Nike sê – Just do it!  Mens is 100 keer meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het…  Sê vandag jy is jammer, sê vandag vir die mense in jou lewe dat hulle saakmaak, begin vandag met daardie droom wat al so lank in jou hart sit…  The journey of a thousand miles, begins with a single step ~ Lao Tzu…  God sal jou die oorwinning in Christus Jesus gee!

Blessings!

Anelli**

No comments: