Monday 18 March 2013

“Failure is a detour, not a dead-end street…” ~ Zig Ziglar

Haloes! :)

“Failure is a detour, not a dead-end street…” ~ Zig Ziglar

Lamentations 3:22-23

"Through the LORD’s mercies we are not consumed,  because His compassions fail not. They are new every morning;  Great is Your faithfulness."

1 Peter 4:11 

whoever speaks, as one who speaks oracles of God; whoever serves, as one who serves by the strength that God supplies—in order that in everything God may be glorified through Jesus Christ. To him belong glory and dominion forever and ever. Amen.

 “Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts…”  ~ Winston Churchill

“Don't be afraid to fail. Don't waste energy trying to cover up failure. Learn from your failures and go on to the next challenge. It's OK to fail. If you're not failing, you're not growing…” ~ H. Stanley Judd 

Dis nie lekker om te verloor nie...  Ek is seker dat nie een van ons aan 'n kompetisie, wedstryd of uitdaging deelneem met die idee om te verloor nie...  Jy sal daar ingaan deur jou beste te gee en dan te hoop vir die beste uitslag ;)  As ek dink aan die Rugby Super 15 - is dit gewoonlik so dat wanneer 'n span nuut in die kompetisie inkom, neem dit hulle gewoonlik 'n paar wedstryde om hul voete te vind...  Dit kos baie harde oefen, ure van fiksheid wat ingesit moet word, en die moed om week na week (selfs na groot nederlae die vorige weke) weer uit te draf en nog 'n keer te probeer...  Elke speler het 'n kontrak gesluit met hulle Franchise, en kan dus nie besluit om net op te gee, of op te hou wanneer dinge moeilik gaan nie!  Hulle het as't ware 'n verpligting om aan te hou probeer...  Selfs al is dit vernederend of al is hulle moed totaal en al in hul skoene...  

Met my en jou is dit dieselfde... Omdat ons Christene is, beteken nie dat ons lewe gevrywaar is van teleurstellings of "failures" nie... Maar omdat ons vir God het, beteken dit dat ons elke more nuwe HOOP kan he, omdat ons ELKE dag Sy genade en krag OPNUUT sal ontvang, wanneer ons daarvoor vra... Hy skenk dit aan ons in 24 uur porsies - presies genoeg vir die uitdagings wat ons per dag mag "face"...  Dit kan 'n mens se moed breek wanneer dinge nie wil uitwerk nie, of wanneer dit voel asof die lewe se uitdagings groter as ons word...  Dis in sulke tye wat ons meer tyd op ons kniee moet deurbring, en wat ons moet aanhou probeer!  Die wiel draai verseker! As jy met deursettingsvermoe en volharding die lewe se uitdagings aanpak, met jou vertroue in God,SAL Hy jou beloon!!!  Wanneer ons tyd in gebed deur deurbring, kom vul God ons weer met die krag wat ons nodig net om weer te probeer! Mens waardeer gewoonlik iets baie meer wanneer jy die ekstra myl moes loop om dit te bereik! Die probeer en volharding is karakterbou geleenthede wat jou sal help om die mens te word wat God jou bestem het om te wees!!  Byt vas, deur deurbrake vir jou is om die draai!! God se planne is groter as my en joune, so al lyk dinge deurmekaar en sonder sin - byt vas! God sal deurbrake gee wat dinge in plek laat val en vir jou as oorwinnaar daar weg sal laat stap!

Blessings! 

Anell**

No comments: