Wednesday 13 March 2013

“The tragedy of life doesn’t lie in not reaching your goal… The tragedy lies in having no goal to reach…” ~ Benjamin Mays


Haloes! :)
“The tragedy of life doesn’t lie in not reaching your goal… The tragedy lies in having no goal to reach…” ~ Benjamin Mays

1 Samuel 30:6

And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD, his God.

Joshua 1:9-11
Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”And Joshua commanded the officers of the people, “Pass through the midst of the camp and command the people, ‘Prepare your provisions, for within three days you are to pass over this Jordan to go in to take possession of the land that the LORD your God is giving you to possess.’”

Teacher: Can you see God?
Class: No
Teacher: Can you touch God?
Class: No
Teacher: Then there is no God…
Student raises her hand:
Sir, can you see your brain?
Teacher: No
Student: Can you touch your brain?
Teacher: No
Student: oh, okay! So you have no brain?! ~ Unkown

‘n Dutch vriendin het vir my die volgende gesegde geleer…  “Niet geschoten is altijd mis!”  Ek glo meeste van julle sal weet wat dit beteken, maar vir die Engelse mense wat hierdie lees – dit beteken, By not taking a shot, you will always miss… Hoeveel keer in jou lewe het jy geleenthede laat verbygaan omdat jy nie genoeg in jouself geglo het om ‘’ ’n shot” te vat nie?  Ons dink mos altyd die persoon langs ons sal ’n beter kans op sukses hê…   En ek praat nou van ENIGE tipe situasie…  Werk, skool, liefde, verrykingskursusse, doelwitte wat jy vir jouself het of drome, wat net drome bly…  Ek dink ons raak partykeer so vasgevang in ons daaglikse patroon, dat ons vergeet om regtig VOLUIT te lewe!  Ons gaan deur die “motions” – staan op, gaan werk / skool toe, kom by die huis, eet, werk dalk nog ’n bietjie of ontspan, val dan in die bed, net om môre weer van voor af te begin…  En dan wil jy nie eens dinge reël vir in die week nie, want jy is net TE moeg…   So die drome bly drome en doelwitte word maar uitgestel na “eendag wanneer ek tyd het…”   Klink dit bekend?

Iets waaraan ek maar net DAAGLIKS herinner word, is dat ons op geleende tyd hier is…  Jy moet dit wat jy nog WIL doen, NOU doen…  Een van my gunsteling aanhalings is – “If your dreams do not scare you, they are not big enough…” ~Ellen Johnson…   Dis normaal dat die onbekende jou gaan bang maak…  Ek dink nie daar is een persoon wat daarvan hou as hy nie ‘n situasie se uitkoms kan beheer nie…  Wat ons egter WEL aan kan vashou, is dat ons ‘n God aan ons kant het wat die Heelal in die palm van Sy hand hou…  Ek dink nie ons brein is groot genoeg om te begryp HOE GROOT ons God is nie…  Hy doen DAAGLIKS wonderwerke in ons lewens…  Siekes word genees, deure word oopgemaak wat geen mens kan toemaak nie, drome word bewaarheid, liefde word gevind, gebroke harte word heel…  Ons sien egter dikwels net die teenoorgestelde van die wonderwerke raak –mense wat siek word vir wie ons liefhet (jyself inkluis!), deure van geleentheid wat toeklap, harte wat gebreek word, mense wat erg eensaam is…  In die tye wat dit so moeilik gaan is God steeds daar…  Sy arms is oopgestrek om jou te omvou met Sy liefde…  Iemand het vandag vir my gesê – die onbekende laat mens altyd bietjie “stress”, maar mens moet somtyds net vergeet van alles wat kan verkeerd gaan, en vertrou op God…  Hy SAL dinge op die ou end laat uitwerk, selfs al is daar dalk ’n paar “detours” om by jou doelwit / droom uit te kom…  Die detours moet jy sien as karakter wat in jou lewe gebou word – iets wat kleur en geur gee aan wie jy is…  So neem daai skoot – in geloof!  God is met jou, en Hy sal jou skoot laat tref op die "target" wat Hy vir jou ingedagte het...  Jy moet net die "boldness" he om die skoot te neem en jou vertroue ten volle in God te stel! Onthou – “Niet geschoten is ALTIJD mis!”

Blessings!

Anelli**

No comments: