Tuesday 19 March 2013

“I have learned to ignore the facts, does not change the facts…” ~ Andy Rooney


Haloes! J

 

“I have learned to ignore the facts, does not change the facts…” ~ Andy Rooney

 

Isaiah 58:11

 

“The LORD will guide you always; he will satisfy your needs in a sun-scorched land and will strengthen your frame. You will be like a well-watered garden, like a spring whose waters never fail…”

 

Nahum 1:7 

 

“The LORD is good, a refuge in times of trouble. He cares for those who trust in him…”

 

“Have the courage to say no. Have the courage to face the truth. Do the right thing because it is right. These are the magic keys to living your life with integrity…” ~ W. Clement Stone

 

“If you tell the truth, you don't have to remember anything…” ~ Mark Twain


Partykeer wanneer jy met moeilike dinge gekonfronteer word, is dit soms makliker om volstruis mentaliteit aan die dag te lê, en net jou kop in die “grond “ te druk en die omstandighede te ignoreer…  Baie keer, wanneer ons met lewensveranderende dinge gekonfronteer word, dinge wat erg moeilik is om te hanteer, soos byvoorbeeld verhoudings wat verbrokkel het, siekte wat by jou of by ’n geliefde gediagnoseer is, werk wat verloor word, vriende wat jou seermaak, ouers wat skei, is dit baie keer  ‘n “cope” meganisme om die omstandighede te ignoreer en net aan te gaan asof alles nog dieselfde is…  Mens druk gewoonlik jouself om op ander dinge te fokus, harder te werk of om jou dag te vul met tientalle dinge sodat daar nie tyd is vir dink nie…  Die hartseer ding, ongelukkig, is dat jy een of ander tyd die moeilikheid wat jy deurmaak sal moet hanteer…

 

Daar is mense wat moeilike situasies hanteer deur daaroor te praat, en ander hanteer dit deur verloop van tyd…  Hulle wil nie noodwendig met ander praat nie, maar het net tyd nodig om aan die idee gewoond te raak en sin te maak van alles wat aan die verander is…  Hoe nou gemaak as jy nie van konfrontasie met moeilike situasies hou nie?  Ek het al baie gesien dat mens net vrede kry oor iets, wanneer jy daaroor bid…  Mens kan jou bes probeer om alles op jou skouers te dra, maar op die ou end gaan jy knak onder die swaar vrag…  Ons vergeet partykeer dat God net ’n gebed ver is…  Jy kan met Hom praat op ENIGE plek waar jy jouself bevind…  Hy sal jou help om sin te maak van watookal jy moet verwerk…  Hy sal jou perspektief gee, en Hy sal jou las ligter maak!  Jy hoef nie so sterk te wees om alles self te probeer hanteer en te verwerk nie…   Miskien is jy een van daardie mense wat altyd vir almal probeer sterk wees en dan dra jy op die ou end jou eie las, maar ook die laste van ander…  Gee dit vir God!  Hy het baie meer ervaring as ek en jy met moeilike situasies, en Hy sal sorg dat dinge in plek val…  As jy nodig het om met iemand professioneel te praat om sin te maak van dinge wat jy deurmaak – doen dit…  Moenie skaam wees vir die feit dat jy met iemand moet praat nie…  ’n Onafhanklike 3e persoon, het baie keer, baie meer perspektief as al die betrokke partye…  Jy kan met ’n gerusste hart weet – jou God, die Skepper van die Heelal, is in beheer…  Hy sal jou nie alleen los nie, en Hy sal jou las ligter maak…  Jesus het jou lief!  Moet dit nie vir ’n oomblik vergeet nie…   En laat W Clement Stone se aanhaling jou inspireer – Hê die moed om NEE te sê…  Moenie toelaat dat mense jou as ’n slaansak gebruik, omdat jy altyd ’n bereidwillige hart het nie…  Christene mag opstaan vir hulself!  Daar is baie keer ’n verkeerde konnotasie met Christenskap – van dat jy altyd moet ja sê, en maar moet toelaat dat mense oor jou loop…  God wil meer vir jou hê…  Hy wil hê dat jy iemand van invloed moet wees!  Jou omstandighede definieer nie wie jy is nie, dis maar net een van die dinge wat jou karakter bou en kleur aan jou legkaartlewe gee…  God is met jou vandag!  Moenie bang wees vir wat jou kant toe kom, of wat reeds op jou pad is nie!  God gaan dit gebruik – tot eer en verheeliking van Sy naam…

 

Blessings!

 

Anelli**

No comments: